Motors

Tucson wys sy nuwe jas

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hyundai het sy opgeknapte Tucson so stilweg die land ingebring. Die reeks is verminder na net drie modelle en meganies is als onveranderd gelaat.
Hyundai het sy opgeknapte Tucson so stilweg die land ingebring. Die reeks is verminder na net drie modelle en meganies is als onveranderd gelaat.

Hyundai het sy middelslag-nuts, die Tucson, so stil-stil die land ingebring in sy vars, opgeknapte voorkoms. Die modelreeks is in die proses ook afgestof met die vorige vyf modelle wat nou na slegs drie modelle verminder is.

Die reeks bestaan nou uit die Premium, die Elite en die N-Line. Eersgenoemde twee kry 'n 2.0-liter-petrolenjin, terwyl die topmodel 'n 2.0-liter-turbodiesel het.

Die groot nuus is egter dat die intreemodel nou R39 000 goedkoper as vantevore is, met 'n paar ekstra geriefsitems wat nou standaard ingesluit is. Die topmodel is wel R23 400 duurder as die vorige top-weergawe.

Die nuwe, groter (en veral breër) raakskerm val dadelik in die kajuit op. Die N-Line se alcantara-bekleedsel en rooi stikwerk is ook te sien.
Die nuwe, groter (en veral breër) raakskerm val dadelik in die kajuit op. Die N-Line se alcantara-bekleedsel en rooi stikwerk is ook te sien.

Wat's als nuut?

Net om die geheue te verfris, die Tucson is in 2022 in Suid-Afrika bekend gestel nadat dit reeds in 2020 in die buiteland beskikbaar was. Die opgeknapte weergawe, wat ons nou ontvang, was ook al in 2023 in die buiteland te kry.

Visueel kry die opgeknapte Tucson 'n nuwe sierrooster met 'n groter blokkiespatroon, terwyl LED-hoofligte nou ook standaard regdeur die reeks is. Agterlangs sal jy hom herken aan die groter, prominente lugsnoer onder die buffer. In die kajuit kry al die modelle voortaan 'n groter kleur-raakskerm.

Die Premium bied onder meer 'n blindekolgonser, leerbekleedsel en groter 18-duim-sierwiele. Die Premium benut 'n natuurlik geaspireerde 2.0-liter-petrol­enjin wat 115 kW en 192 Nm wringkrag deur 'n sesgang- outomatiese ratkas na die voorwiele stuur.

Die Executive, as die middelste model, het 'n 2.0-liter-turbodiesel onder die enjinkap. Die enjin lewer 137 kW en 416 Nm wat met 'n agtgang-outomaties ook na die voorwiele gestuur word.

Laastens het die N-Line dieselfde dieselenjin, maar bied 4x4-aandrywing.

Wat afwerkings betref, het die middelste model (Executive) items soos sleutellose toegang met 'n aansitknop, groter 19-duim-sierwiele, en 'n luikdeur wat elektronies kan oopswaai. Die N-Line is grootliks 'n kosmetiese pakket met N-Line-kentekens, aksent-stikwerk en dan die 4x4-vastrap.

Ons verskaf meer inligting oor die opgeknapte Tucson sodra ons hom vir 'n toetsrit kon neem.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM