Kleuternuus

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images

Onseker oor skoolkeuse?

Dié Johannesburgse laer- en preprimêre skool help sorg dat jou kind 'n uitstekende en holistiese opvoeding kry.

Jan Celliers Laerskool en Preprimêr
Jan Celliers Laerskool en Preprimêr
Jan Celliers Laerskool en Preprimêr
Jan Celliers Laerskool en Preprimêr

By Jan Celliers Laerskool en Preprimêr hoef jy nie bekommerd te wees nie.

Dis 'n onafhanklike skool in Parkview, Johannesburg, wat die holistiese ontwikkeling van leerders vooropstel en oor 'n afgeronde leerplan beskik wat akademiese, sport-, kuns- en kultuuraktiwiteite insluit.

Die skool spog met hoogs gekwalifiseerde en ervare onderwysers wat onderwys van gehalte verskaf. Kritiese denke, kreatiwiteit en probleemoplossingsvaardighede word bevorder en die skool is uitstekend toegerus met geriewe soos biblioteke, laboratoriums, rekenaarlokale en sportgeriewe.

Die keuse is eintlik maklik: Kontak Jan Celliers Laerskool en Preprimêr gerus vir nog inligting. Daar is Saterdag 9 Maart 'n ope dag.

Stuur 'n e-pos aan Bernice du Toit by bemarking@jancelliers.co.za vir nog inligting, of gaan najancelliers.co.za.

Balene Junior
Balene Junior

Elke hoekie & noekie

As jy gedink het jy weet hoe 'n tandeborsel lyk, dink weer! Balene Junior se tandeborsels (vir ses- tot 11-jariges) het alkant borseltjies. Dit beteken dit kom oral baie doeltreffend by en is dus vinniger as 'n gewone tandeborsel. Ons is ook gek oor die helder kleure. R350 by Dis-Chem en uitgesoekte apteke. Nog inligting by bit.ly/BaleneSA.

My Little Morphée
My Little Morphée

Strelend sonder 'n skerm

Skermtyd moet nooit deel van slaaptyd wees nie. My Little Morphée is 'n skermvrye slaaphulpmiddel en speelding wat ontwerp is vir kinders van drie tot 10 jaar oud.

Dit sorg vir 'n nie- digitale benadering tot rustige aande en kan bedags ook ingespan word vir kalm speeltyd - sonder die skadelike gevolge van skermblootstelling.

Die inhoudsbiblioteek bevat 192 klankreise wat 28 minute duur. Dit sluit in strelende stories, begeleide meditasies en sagte musieksnitte, asook natuurklanke en witgeraas. R2 490, https://sa.morphee.co/.

Checkers sixty60 se bromponies vir kinders
Checkers sixty60 se bromponies vir kinders

Biep-biep!

Dis moeilik om ons Suid-Afrika sonder Checkers sixty60 se bromponies voor te stel. Hulle het die voorstede binne 'n paar jaar oorgeneem! Nou kan jou kleuter saamspeel met hierdie weergawe van die klassieke swart motorfietsie wat net soos 'n Checkers sixty60-een toegerus is, kompleet met 'n boks vir kruideniersware agterop.

R399 in die winkels

|  Baba & Kleuter

SPELETJIES VANDAG

CTA