JY HET NODIG
- houertjies van verskillende kleure
- elemente in die kleure van die houertjies
MAAK SO
1. Koop of maak houers van verskillende kleure. In die voorbeeld is gekleurde emmertjies en ook houertjies wat in verskillende kleure geverf is.
2. Vir elke houer moet daar items in dieselfde kleur wees. Ons het gekleurde roomysstokkies en tosseltjies gekies. Jy kan veelkleurige knope, gekleurde pasta (gebruik voedselkleursel) of stukkies wol en lint gebruik.
3. Gooi al die gekleurde elemente saam in 'n bak of op 'n tafel uit en laat jou kind elkeen in die korrekte houer plaas.
4. Vir 'n meer uitdagende speletjie kan verskillende skakerings van kleur ingespan word.
WENK
Kies elemente met interessante teksture vir 'n bykomende leerervaring. Laat jou kind die kleur en die tekstuur identifiseer.

















