Hou jou in!
Iets vir bo ...
Dit kan 'n uitdaging wees om te besluit watter bra jy moet koop terwyl jy swanger is of borsvoed - veral as jy oefen. Die Body Kind Sports Bra, ontwikkel deur die plaaslike fiksheidsghoeroe Lisa Raleigh, is teen R999 'n belegging waaroor jy nie spyt sal wees nie. Die duursame bra is ten volle verstelbaar en rek en krimp dus namate jou lyf verander. Dis besonder stewig aanmekaargesit, net die beste materiaal is gebruik en dit bied ondersteuning soos min. Dis ook die soort bra wat jy in die somer sonder 'n hemp kan dra terwyl jy oefen. Gaan na lisaraleigh.com om meer uit te vind, jou grootte te kies en te bestel. Die kleuropsies is pragtig en die bra is in 'n nuttige sakkie verpak.

… en onder
Daar's ook 'n toestel vir alles! NUK se Pelvic Floor Trainer glip in soos 'n tampon en die balletjie binne-in vibreer om jou spiere te stimuleer. Jy dra dit sommer so in en om die huis en verwyder dit weer met 'n elastiese toutjie. Dis word maklik skoongemaak. Dis vir gebruik ná jou swangerskap en met die goedkeuring van jou ginekoloog, indien jy voel jou bekkenspiere het hulp nodig. Dit kos R686,99 by nuk.co.za en spesialisbabawinkels.

Grimeer sonder kommer
Wanneer jy jou gesondheid vooropstel omdat jy swanger is of wil word, is jy gewoonlik baie bewus van wat jy in en op jou lyf sit. Moenie sommer aanvaar dat grimering wat jy in die winkel of salon koop, geskik is nie. 'n Skoon gesig is natuurlik pragtig, maar soms het 'n mens lus vir 'n bietjie kleur. Oorweeg dan natuurlike grimering. Inthusiasm is 'n nuwe plaaslike handelsmerk wat veilig is terwyl jy swanger is. Dis so veilig dat jou kinders dit selfs kan eet sonder om iets oor te kom. Die produkte bevat geen chemikalieë nie, werk baie sagkens met die vel en voel lekker lig. Die onderlaag se prys wissel van R225 vir die 30ml-buisie tot R315 vir los mineraalpoeier of 'n glas-pomphouer. Lipstiffies kos R135.

Baba & Kleuter se lesers kry 25% afslag wanneer hull aanlyn by inthusiasm.co.za koop. Gebruik die afslagkode ‘HealthyMom'.
Glaspotjies vol plesier
Jou lippe en hande kondig gewoonlik die koms van die winter heel eerste aan, veral in die dele van ons land wat nie winterreën kry nie. Hier's jou produkplan:
1. Nuxe se Very Rose Lipbalm smelt saggies in jou lippe in en die reuk is eenvoudig hemels. Dit kos R265 vir 'n potjie van 15 g. Al die bestanddele is volkome natuurlik. Koop by orleanscosmetics.co.za.

2. Burt's Bees se Almond & Milk Hand Cream met byewas en ander natuurlike bestanddele is nog 'n room wat jy vir ewig gaan gebruik as jy dit eers ontdek het. Dit kos R200 vir 'n potjie van 57 g by takealot.com en Dis-Chem.





















