Die Protea-kolwer David Miller se vrou, Camilla, is swanger met hul eerste pienkvoet.
Die egpaar, wat in Maart vanjaar afgehaak het, se eersteling sal 'n seuntjie wees.
"Dit is die mees ongelooflike nuus van ons lewens," het Miller in 'n aankondiging op Instagram geskryf.
"So gelukkig en opgewonde om ons klein seëning aan te kondig. Ek is bevoorreg om hierdie oomblik met die liefde van my lewe te kan deel."
Die twee het in 2023 in Zimbabwe op die Zambezirivier verloof geraak nadat hulle 'n jaar lank gekys was. Voordat hulle begin uitgaan het, was hulle 'n hele klompie jaar net vriende.
Ook op Camilla se Instagram-blad het sy die opwinding oor hul baba se koms in 'n plasing beklemtoon.
"Ons hou dit al 'n rukkie geheim, maar baba Miller kom in Februarie 2025," skryf sy.





















