Ouerskap

RAAD | Kruip is leer

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Getty Images
Foto: Getty Images
  • Sy stoot haar lyf agtertoe en begin in die rondte beweeg;
  • Sy gaan op haar hande en knieë en begin kruip (ses tot 10 maande);
  • Sy trek haar teen dinge op (sowat 11 maande); en
  • Sy begin loop (12 tot 14 maande). Kenners reken 'n mens kan maar bekommerd wees as jou kind nie kruip nie. Maar voor jy dokter toe draf: Daar is wel 'n groot verskil tussen 'n kind wat nooit kruip nie omdat sy regtig vinnig ontwikkel en teen nege maande al begin loop, en 'n kind wat nooit gekruip het nie en dan eers teen 14 maande begin loop. Laasgenoemde kind het waarskynlik 'n ontwikkelingsagterstand.
  • Dit koördinasie help ontwikkel;
  • Dit jou baba se eerste geleentheid is om haar omgewing te leer ken; en
  • Dit visuele ontwikkeling stimuleer.
  • Verwyder tafeldoeke. Dit kan afgetrek word as baba die punt daarvan beetkry en alles op die tafel kan op hulle val.
  • Pak losstaande voorwerpe weg wat omgetrek kan word, soos staanlampe en plante.
  • Bedek alle muurproppe.
  • Beveilig trappe.
  • Bedek skerp hoekies van meubels.
  • Verwyder klein voorwerpe op lae tafeltjies en rakke.
  • Sit spesiale veiligheidslotte aan kasdeure en laaie en selfs vensters, veral as jy nie op die grondverdieping woon nie.

HET JY GEWEET?

Daar is wel kenners wat reken dat dit nie kruip (op twee hande en twee knieë) is wat so belangrik is nie, maar dat jou kind oor die vloer moet begin beweeg deur haar arms en bene te gebruik. Sommige babas trek hulle self met een of albei voete vorentoe, of hulle skuif op hul boudjies.

CTA