Reis

Bloukrans Cabin, Montagu

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Bloukrans Cabin sit diep in die berge naby die Oubergpas (20 km buite Montagu). Dié hondvriendelike oornagplek is onafhanklik van die munisipale netwerk, en gaste kan uitsien na 'n rustige ervaring op 'n familie-gasteplaas, Ouberg- privaat natuurreservaat.

Daar is slaapplek vir 4 mense - 2 in die slaapkamer en 2 in die sitarea; daar is ook 'n badkamer met 'n warm stort en spoeltoilet.

Die kombuisie is goed toegerus, en daar is 'n groot balkon met 'n braai en hangmat om die ongelooflike uitsigte te geniet.

Vrede, stilte, voëls, staptogte in die veld, en 'n verfrissende swem in die nabygeleë dam - Bloukrans Cabin beloof 'n wegbreek soos min.

Kontak 082 577 2025 (Susan); info@ouberg.co.za; ouberg.co.za/bloukraans-cabin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM