Reis

Swem: Ongongopoel, Namibië

As jy by Ongongo in Namibië uitgekom het, verdien jy twee dinge: 'n koue drankie en 'n plek waar jy kan gaan afkoel.

Die eienaar, Liana Greeff, verkoop koeldrank; dus kan jy die koeldrankdeel sommer by ontvangs afhandel (hulle bak ook daagliks vars brood, en etes kan vooraf bestel word).

Die swempoel - party mense ken dit as Blinkgatjie - is versteek in wat lyk na 'n klipperige en dorre kalkklofie. Die rivier maak 'n watervalletjie tussen die groot rotse bo die kampplek (wat in die rivierbed self is) en die diep poel lê amper halfpad onder die rotse.

Dit beteken jy kan in die skaduwee swem. As jy mooi kyk, sien jy dalk selfs in die diep skaduwee'n waterskilpad - hulle rus soms buite die water.

As jy onder die watervalletjie staan (wees versigtig, want dis glad), sal jy voel die water val nogal hard - as jy mooi korrel, kry jy 'n lekker massering vir jou skouers!

Hoe kom ek daar? By Warmquelle draai jy rofweg noord (vra maar rond as jy nie die bordjie sien nie) en ry nog sowat 5 km verder.

Koste: Besoek die webtuiste vir tariewe: www.facebook.com/Ongongocampsite

Weg sê: Die tweespoorpaadjie na Ongongo is sleg - ry liewer met 'n bakkie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM