Reis

Dié spinnekoppe is tropdiere!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Vanessa Nieuwoudt
Foto: Vanessa Nieuwoudt

VANESSA NIEUWOUDT van Pretoria skryf:

Ek het dié foto in die Krugerwildtuin geneem. Watse spinnekoppe bly in sulke groot kolonies?

Die insekkenner CHARLES HADDAD antwoord:

Twee van die Afrika-vasteland se versamelnesspinnekopspesies, Stegodyphus dumicola en mimosarum, kom in die Krugerwildtuin voor. Hulle bou hulle web op die takke van bome en struike of op heinings, met 'n klomp sydrade wat van die nes af uitloop om prooi te vang.

'n Nes kan enkele individue tot honderde spinnekoppe huisves. Hulle werk saam om die nesstruktuur te onderhou en prooi te vang.

Hulle kan 'n oppervlak van 'n paar vierkante meter dek - daar's immers baie wat kan sy produseer! Die binnekant van so 'n nes het 'n klomp tonneltjies waarin die spinnekoppe rondloop en die wyfies hulle eierpakkies produseer.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM