Joop en Sulita is ervare kampeerders en nou het hulle droom van hulleeie kampplek uiteindelik 'n werklikheid geword.
Bergkoninkryk is deel van die plaas Kloof en Dal. Sulita vertel gastehet vroeg al navraag gedoen oor alternatiewe verblyf soos kampplek. Vandag ishier vier private staanplekke: Vaalboom, Sekelbos, Wildesering en Raasblaar.
Die groepie staanplekke is bymekaar, en afhangend van waar jy joustaan kry, kamp jy op gras en die koelte wissel. Jy kan jouvlekryestaalbraaiplek (met 'n rooster) skuif tot waar jy hom wil hê. Joukragpunt is 'n blou woonwaprop en jou badkamerhet 'n stort, 'n handewasbak op 'n groot blad met'n spieël, en daar's 'n bankie en toilet. Jy het ook jou eie opwasgeriewe.

Die selfoonsein is wisselvallig maar gewis beter vir Vodacom-intekenare.
Die kampplek het sy eie swembad én 'n vlakker een vir die jongklomp met drie glybane van verskillende hoogtes.

As jy meer van die natuur wil inneem, kan jy een van tweestaproetes - óf albei met een poging - aandurf. Die Koedoewandelpad is 3,45km lank en Duiker 2,27km. Onthou, dis bergagtig endele daarvan kan te straf wees vir die kroos.
Hier is ook 'n lapa met plek vir tot 60mense wat kampeerders maggebruik teen 'n ekstra tarief.
Die hek is net 700m van die naaste teerpad af en jy kan enige tyd met 'n sedan en 'n gewonepadwoonwa kom kuier.
Prys R500 vir die eerste 4 mense (daarna R125p.p.p.n.). Hoogstens 6mense per staanplek wordtoegelaat.
Kontak 071 354 0110; sulita.dekock@gmail.com;bergkoninkrykguestfarm.com




















