Reis

Kom ’n bietjie uit na binne

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Laat die kinders van al daardie oortollige energie ontslae raak dié skoolvakansie. Grootmense is ook welkom.                       Foto: beuppark.co.za
Laat die kinders van al daardie oortollige energie ontslae raak dié skoolvakansie. Grootmense is ook welkom. Foto: beuppark.co.za (FOTO: beuppark.co.za)

'n Wintervakansie is die ideale geleentheid vir binnenshuise doendinge. Hierdie plekke in en om die Kaap bied uitkomkans sonder dat jy die wind en weer hoef te trotseer.

City Rock in Kaapstad

City Rock is die land se grootste klimgimnasium.
City Rock is die land se grootste klimgimnasium. (FOTO: cityrock.co.za)

Hier sal jy die land se grootste klimgimnasium vind.

Hul wêreldklasgeriewe bied 'n prettige en ondersteunende ruimte vir eendersdenkende mense om fiks te bly, doelwitte te bereik, blywende vriendskappe te bou en die liefde vir rotsklim te deel.

Tye: Maandag tot Donderdag: 11:00 tot 21:00

Vrydag tot Sondag: 09:00 tot 18:00

Openbare vakansiedae: 09:00 tot 18:00

Gesluit op Kersfees en Nuwejaarsdag.

Adres: Eenheid 5, The Island, Milnerstraat 9, Paardeneiland, Kaapstad

Kontak:021 447 1326 of stuur e-pos aan capetown@cityrock.co.za.

be.UP Park

Laat die kinders van al daardie oortollige energie ontslae raak dié skoolvakansie. Grootmense is ook welkom.
Laat die kinders van al daardie oortollige energie ontslae raak dié skoolvakansie. Grootmense is ook welkom. (FOTO: beuppark.co.za)

Die be.UP Park-klimarena beskik oor 'n wye verskeidenheid toerusting wat kinders sal uitdaag, waaronder 11 Clip 'n Climb®-klim­uitdagings.

Laat die jongelinge hul vernuf ontwikkel terwyl hulle heelpad pret het.

Clip'n Climb®-toerusting word uit Nieu-Seeland ingevoer en is ontwikkel om fisieke uitdagings te bied sonder dat die kind ooit in werklike gevaar is. Van die klimuitdagings is tot 8 meter hoog. Elk is 'n opwindende toets van spoed, vernuf en moed.

Tye: Maandag: gesluit

Dinsdag tot Donderdag: 11:00 tot 17:00

Vrydag: 11:00 tot 18:00

Saterdag: 09:00 tot 21:00

Sondag: 09:00 tot 18:00

Adres: Gardener Place, Rose Innes-straat in Pinelands

Kontak:087 057 1400, stuur WhatsApp na 078 979 4582 of e-pos na enquiry@beuppark.co.za.

Si Cantina Sociale

By Si Cantina Sociale kan jy kreatief wees terwyl jy 'n skemerkelkie en 'n lekker maaltyd geniet.
By Si Cantina Sociale kan jy kreatief wees terwyl jy 'n skemerkelkie en 'n lekker maaltyd geniet. (FOTO: Si Cantina Sociale)

By Si Cantina Sociale in die V&A Waterfront kan jy aan 'n drankie teug terwyl jy iets skilder. Dit is die perfekte geleentheid om jou kreatiwiteit los te laat terwyl jy skemerkelkies saam met vriende geniet.

Daar is 'n talentvolle kunstenaar wat jou deur die skep van jou eie meesterstuk lei. Alle materiaal word voorsien.

Geen ondervinding is nodig nie - almal is welkom, ongeag jou artistieke vaardighede. Of jy nou 'n gesoute skilder is of die eerste keer 'n kwas optel, jy gaan 'n wonderlike tyd hê.

Hou sicantinasociale.co.zadop vir wanneer die volgende geleentheid is.

Paint and Pretzels Art Studio

Nooi 'n paar vriendinne en verken jou kunssinnige kant by een van Paint and Pretzels se skilder-ervarings.
Nooi 'n paar vriendinne en verken jou kunssinnige kant by een van Paint and Pretzels se skilder-ervarings. (FOTO: paintandpretzels.co.za)

Paint and Pretzels is 'n mobiele kunsateljee wat prettige en kreatiewe verf-gesellighede in Kaapstad aanbied. Hierdie geleentheid word elke maand by vasgestelde plekke aangebied en die ateljee verskaf al die materiaal wat nodig is.

Die studio se talentvolle kunstenaar lei groepe deur die skilderproses en help hulle om hul eie kunswerk te voltooi wat hulle huis toe neem. Jy benodig geen ervaring nie.

Paint and Pretzels se verf-gesellighede is vir almal! Die ervaring sluit die volgende in:

  • 'n Skilderervaring vir vyf mense;
  • alle materiaal wat nodig is om jou kunswerk te voltooi; en
  • verversings.

Kies jou datum en plek:

Eerste Donderdag van die maand

3 Augustus / 7 September / 5 Oktober by die Radisson Red, V&A Waterfront, 18:30 tot 21:00

Eerste Dinsdag van die maand

8 Augustus / 5 September / 3 Oktober by die Atlantic Beach-klubhuis, Melkbosstrand, 19:00 tot 21:00

Tweedelaaste Sondag van die maand

19 Augustus / 23 September / 21 Oktober by die Great Cape Deli, Big Bay, 14:00 tot 16:00.

Laaste Sondag van die maand

27 Augustus / 24 September / 29 Oktober by The Pink House by Knead, Durban­ville, 13:00 tot 14:00.

Laaste Saterdag van die maand

26 Augustus / 30 September / 28 Oktober by Caffe Neo, Mouillepunt, 14:00 tot 16:00

Kontak hul mobiele kunsateljee by 061 503 0937 of stuur e-pos na info@paintandpretzels.co.za.

Clay Café

By Clay Café word kuns, kos en goeie geselskap gekombineer om kreatiewe oomblikke te skep.
By Clay Café word kuns, kos en goeie geselskap gekombineer om kreatiewe oomblikke te skep. (FOTO: claycafe.co.za)

By Clay Café word kuns, kos en goeie geselskap saamgevoeg om unieke, kreatiewe oomblikke te skep wat sal sorg dat jy weer en weer wil teruggaan.

Jy kan kies uit meer as 180 reeds gemaakte items wat jy dan self verf en versier.

Sit lekker terug en geniet die heerlike eet- en drinkgoed terwyl jy saam met familie en vriende skilder.

Tye: Houtbaai: Maandag tot Sondag 09:00 tot 17:00

Kaapse Middestad: Maandag: gesluit

Dinsdag: 11:00 tot 18:00

Woensdag tot Vrydag: 11:00 tot 22:00

Saterdag: 09:00 tot 22:00 en Sondag: 09:00 18:00

Paarl: Maandag tot Sondag 09:00 tot 17:00

Besoek www.claycafe.co.za vir meer inligting.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM