Reis

’n Bietjie verlange, ’n bietjie seën: Leser kyk terug op heerlike Swadini-langnaweek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Dit is die oggend van Sondag 11 Augustus 2024. Ek en my man, Hein, sit hier by ons wa langs die pragtige Blyderivier in die Forever Swadini-kampplek en ek dink terug aan die langnaweek.

Die weer is fantasties - 30ºC en warmer. Van die Donder­dag af stroom woonwaens in. Van vroeg tot laat is daar vrolike kinders op fietse. Stralende gesinne stap verby swembaddens toe.

In die pad voor ons verloor 'n 10-jarige seun beheer oor sy fiets en val. Ek en 'n buurvrou is dadelik by om te help. Gelukkig is niks gebreek nie en daar's ook nie vel af of bloed nie, maar ek sien die trane sit vlak in die ogies.

Buurvrou tel sy fiets op en stadig stoot hy hom terug na sy kampplek toe. Ek kyk hom agterna en voel trane in my oë, met 'n verlange na my twee kleinseuns.

Ria en Hein by hulle kleinkinders, J.G. (13) en Heinrich Coetzer (14).
Ria en Hein by hulle kleinkinders, J.G. (13) en Heinrich Coetzer (14).

Dit is maar 'n ouma-ding om altyd 'n pleistertjie gereed te hê. Nou sit ek hier en kyk met heimwee na elke wa wat hier uitry op pad huis toe. Ek weet hoe graag hulle langer sou wou bly.

Here, dankie vir al die voorregte wat elkeen in hierdie pragtige land van ons mag geniet.

Ria Lisse

CTA