Ludicks Farm is ongeveer 26 km van Montagu op die bekende Roete 62. Die eiendom bestaan uit 'n luukse vierslaapkamerhuis, 'n luukse tweeslaapkamer -kothuis en 'n standaard-chalet met twee slaapkamers.

Die huis spog met 'n swembad, plonspoel en warmbad wat eksklusief vir gaste is.
Die luukse kothuis het 'n warmbad en terras met uitsigte oor die Langeberg. Die plaas grens aan die plaaslike Poortjieskloofdam en water-entoesiaste is welkom om bote saam te bring vir gebruik op die dam.
Die grondpad na die dam is ideaal vir bergfietsry en stap. Die plaas het ook volstruise.
Asemrowende uitsigte en sterrekyk wag op gaste by Ludicks Farm.
Kontak 083 262 8225 (Etienne Victor); bookings@ludicksfarm.co.za; ludicksfarm.co.za





















