Reis

Getypoel: Millerspunt, Simonstad

(Jacques Marais)

Dié getypoel met sy groot, ronde rotse en turkooisblou water kan jou gou laat dink jy's in die Seychelle... totdat jy 'n pikkewyn gewaar. Dis groot genoeg vir lengtes swem en die trappies en vlakker dele is veilig vir kinders. én dis beskut van die wind.

Koop piekniekgoedjies in Simonstad, want by Millerspunt is 'n groot grasperk met braaiplekke vir lank uitspan (en 'n ablusieblok).

Onthou, Millerspunt is 'n gewilde skeepshelling vir duikers en hengelaars - as die snoek loop, gaan jy sukkel om parkeerplek te kry!

Waar? Tussen Simonstad en Kaappunt. Die afdraai is duidelik gemerk net ná die Millerspunt-woonwapark.

Lynne Fraser

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM