Die nuweling word aangedryf deur 'n 1,8l-EcoBoost-enjin wat 138kW en 318Nm lewer en kom ook met nuweselfaan-en-afskakel-tegnologie wat brandstofverbruik verlaag.
Die enjin is gekoppel aan 'n sewegang- outomatiese ratkas met'n nat-dubbelkoppelaarstelsel, hoewel daar ook 'n draaiknop in diemiddelkonsole is waarmee jy ratte kan verwissel. Die Territory kom met vierritmodusse: eko, normaal, sport en berg.
Die bakwerp is herontwerp en spog met 'n nuwe sierrooster,dagryligte en LED-hoofligte wat na 'n laer posisie verskuif is en watvolgens Ford sorg vir 'n kragtiger voorkoms.
Die Territory bied binne-opgraderings soos 'n koordloseinduksielaaier vir jou selfoon, 12duim-kleurraakskerm en elektroniese dubbelsone-lugtemperatuurbeheer metfisieke knoppies.
Wat veiligheid betref, is die Territory toegerus met blindekolmonitors,afdraandebeheer en parkeersensors. Die Titanium X-variant kry ook aanpasbarekruisspoedbeheer, ligte wat outomaties demp vir aankomende verkeer,'n botswaarskuwing, 'n stelsel wat outomaties rem vir voetoorgange,en baanbeheer.
Die Ford Protect-waarborg van 4jaar/120000km is standaard pluspadbystand vir 4jaar(onbeperkte kilometers) en 'n 5jaar-roeswaarborg (ook onbeperkte kilometers).
Klante kan wel 'n verlengde Ford Protect-diens- of onderhoudsplankoop: Die waarborg kan tot 7jaar of 200000km verlengword, terwyl die padbystand vir 'n bykomende 1 of 2 jaar kan geld.
Pryse begin by R576000 vir die Territory Ambiente, terwyl die vlagskipmodel, die TerritoryTitanium, R707000 kos(opsionele diensplan uitgesluit).




















