Reis

Quiver Tree Route, Noord-Kaap

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
(Foto: Verskaf)

Die Quiver Tree Route is die kleinste van die Noord-Kaapse roetes, maar bied die grootste verskeidenheid.

Besoekers kan uitsien na plaaslike kos, wynproe, avontuur, natuurskoon en kultuur. Die roete strek van Upington tot Riemvasmaak en sluit dorpe soos Kanoneiland, Keimoes, Friersdale, Kakamas, Augrabies en Kenhardt in.

Beleef 4x4-roetes, warmwaterbronne, kajak op die Oranjerivier, padstalle, roosterkoek, lamspastei en bekroonde wyne.

Moetsien-plekke sluit in Kokerboomwoude, Riemvasmaak en die alombekende Augrabies- waterval nasionale park.

Kontak 072 731 5180; kokerboomroete@gmail.com; quivertreeroute.co.za

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM