Reis

Rambling Rose-restaurant, Montagu

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Rambling Rose is 'n bekroonde plaasstyl-restaurant-en-bakkery. Dis geleë op die skilderagtige Roete 62, in die hartjie van Montagu. 'n Groot parkeerterrein maak dit maklik vir reisigers met groot voertuie, klein kinders of groot groepe om veilig te stop.

Die plaaswinkel bied 'n verskeidenheid tuisgemaakte konfyt, koekies en sjokolade, asook 'n groot verskeidenheid oulike geskenkies.

Cafe Artesia, ons bakkery, bak daagliks plaasbrood, gebak en pasteie. Die restaurant is vegetariër- en vegan-vriendelik. Dit het binne- en buitesitplek met 'n gesellige kaggel vir doe koue wintermaande.

'n Wensput sorg vir groot pret vir die kinders. Ontbyt en middagete word tot 16:00 bedien. Die middagete-spyskaart word op bordjies geskryf, want dit wissel volgens seisoen en wat op die plaas groei.

Alle koeke, croissants en gebak word op die perseel met die hand gemaak en is beslis die moeite werd om te probeer! Ons bedien slegs Origin-koffie en het vyf opgeleide baristas op die perseel!

Die Rambling Rose is 'n familie-besigheid; Cay en Sergio is jou gashere.

Kontak 083 401 4503; ramblingrosemontagu@gmail.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM