Marie Botha van Boksburg skryf Ons het onlangs by die Sunsetdam naby Onder-Sabie in die Krugerwildtuin vir oggendkoffie stilgehou toe ons 'n reusevisvanger op die wal van die studam sien sit wat aanhoudend skreeu.
Groot was ons verbasing toe 'n tweede visvanger ook daar kom sit en ons het na ons kameras gegryp.
Die twee visvangers het mekaar vir 'n lang ruk net aangegluur en toe skielik het hulle mekaar aan die keel gegryp. Dit was die begin van 'n groot geveg - op die wal, in die lug, terug op die wal... hulle het mekaar selfs in die dam gegooi!
Ná 'n doodse stilte het net een visvanger uit die water verskyn en ons het gedink die ander voël het verdrink, maar ná 'n paar minute het hy met 'n spoed weggevlieg.
Wat 'n belewenis!
Gesels met ons!
Skryf aan redakteur@weg.co.za. Jy ken die storie... verkieslik minder as 300 woorde, en gee asseblief jou voornaam, van én tuisdorp.
As jy 'n foto aanheg, maak asseblief seker dis groter as 2MB. Weg behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort en op ons webruimte te plaas.





















