Leser vertel: Seën saam met die reën

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Ek droom al vir 16 jaar om die Krugerwildtuin te besoek en in Desember 2023 was ek gelukkig genoeg om uiteindelik daar uit te kom. Dit was een van die beste ervarings ooit en ek sou nooit kon droom dat die Kruger so 'n groot verskeidenheid diere het nie.

Ons het leeus, hiënas, wilde honde, 'n jakkals, renosters en troppe op troppe olifante gesien. Ons het heelwat reën gekry gedurende ons besoek en dit het hárd neergestort toe ons op hierdie trop afgekom het.

Ons was op die S114-pad op pad na Skukuza en het om 'n draai amper in die trop vasgery - die bul was glad nie gelukkig met ons skielike verskyning nie! Hy het na ons gestap met ore wat wapper en dis toe dat ons besef ons beter baie vinnig weer terugry soos ons gekom het!

Die bul het ons waarskynlik vir 500 m gevolg voordat hy omgedraai het. Die ondervinding is beslis een wat ons hele gesin vir altyd sal onthou!

- Karmen Britz, Amanzimtoti

Het jy iets interessants gesien op jou reise?

Skryf aan redakteur@weg.co.za. Jy ken die storie... verkieslik minder as 300 woorde, en gee asseblief jou voornaam, van én tuisdorp.

As jy 'n foto aanheg, maak asseblief seker dis groter as 2 MB. Weg behou haar die reg voor om briewe te redigeer en verkort, en op ons webruimte te plaas.

SPELETJIES VANDAG

CTA