Hierdie bekoorlike huis wat uit die die vroeë 1900’s dateer, is geleë op ’n plaas 12 km noord van Grunau op die B1.
Kom geniet die uitgestrekte landskappe, die rustige vrede, pragtige sonsondergange en die tallose helder sterre wat die naghemel verlig.
Elke kamer of chalet het sy eie en suite-badkamer en toegang tot ’n goed toegeruste eerlikheidsyskas.
Vir natuurliefhebbers is daar kampplekke beskikbaar, en jy kan braaipakke en vuurmaakhout koop.
Dié plaas is geleë in die verre suide van Namibië, net noord van Grünau, en bied daguitstappies na nabygeleë besienswaardighede, of strek sommer uit langs ons plonspoel.

Geniet ’n koue bier en smul aan dit wat baie al beskryf het as die beste tuisgemaakte lam ter wêreld.
Kontak 00264 63 262 061; 00264 81 351 0534 (sel); withuis@iway.na; withuis.net





















