SMAAKMAKER-TOEKENNINGS | Finaliste bekend

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Netwerk24 kondig met groot opgewondenheid ons finaliste aan vir die eerste Smaakmaker-toekennings en nou is dit jou beurt om vir jou gunstelingsmaakmaker te stem! Wat is 'n Smaakmaker, vra jy? Dis die lekker loslit- Afrikaanse woord wat Netwerk24 se lesers uitgedink het vir die Engelse woord "influencer". Ons het die woord, en ons het die finaliste, nou soek ons die wenners!

Die finaliste in die kompetisie is te danke aan die duisende inskrywings wat ons van oor die land heen ontvang het, maar nou maak jou stem saak. Saam met die beoordelaarspaneel tel lesers se stemme om die finale wenner te kroon. Die wenners van elke kategorie word op ‘n gala-aand in Kaapstad aangekondig op 29 Februarie, op Skrikkeldag! Elke kategoriewenner kry 'n allemintige R25 000, en die algehele wenner van die kompetisie 'n verdere R25 000 - dis 'n koel R50 000 vir die grênd prys vir Smaakmaker van die Jaar wat uit die verskeie wenners in elke kategorie gekroon word.

Hoe stem ek?

Klik op die kategorie by hierdie berig of besoek die ‘Smaakmaker'-afdeling op www.netwerk24.com en kies die kategorie waarin jy wil stem. Vul 'n eenvoudige e-vorm in en klik op die finalis se naam vir wie jy wil stem. Klik dan die ‘submit'-knoppie en jy het gestem! Onthou - jy moet inteken op Netwerk24 om te stem. Boonop kry jy 'n gratis proeftydperk van 7 dae om al die groot nuus in die land en jou streek te lees. Kry ook sportnuus, raad oor geldsake, stories oor bekendes, resepte, reisgidse en slim styl- en dekorwenke - alles op een plek en in Afrikaans!

Hier is die lys finaliste per kategorie (klik op die kategorie-opskrif om te stem)

Kategorie 1 | Mode met SARIE

Kategorie 2 | TikTokker van die jaar met Huisgenoot

Kategorie 3 | Komediant met kykNET

Kategorie 4 | Wyn met Die Burger

Kategorie 5 | Kos met VIA

Kategorie 6 | Buitelewe en reis met WEG! en Weg Ry&Sleep

Kategorie 7 | Landbou met Landbouweekblad en Landbou.com

Kategorie 8 | Dekor en ‘DIY 'met Tuis

Kategorie 9 | Inspirasie-mense met Kuier

Kategorie 10 | Boeke met NB-Uitgewers

Kategorie 11 | Gesondheid en welstand met Beeld

Kategorie 12 | Ouerskap met Baba en Kleuter

Kategorie 13 | Musiek met Son

Kategorie 14 | Tuinmaak met Rapport

Lees die bepalings en voorwaardes hier.

Klik op die kategorie om jou stem te maak:

Hier is die kategorieë

Mode met SARIE

TikTokker van die jaar met Huisgenoot

Komediant met kykNET

Wyn met Die Burger

Kos met VIA

Buitelewe en reis met WEG! en Weg Ry&Sleep

Landbou met Landbouweekblad en Landbou.com

Dekor en ‘DIY' met Tuis

Inspirasie-mense met Kuier

Boeke met NB-Uitgewers

Gesondheid en welstand met Beeld

Ouerskap met Baba en Kleuter

Musiek met Son

Tuinmaak met Rapport

SPELETJIES VANDAG

CTA