Jou sterre vir die week – 14 Julie 2022

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Kreef 21 Junie - 21 Julie

Die subtiele onderstrominge in jou liefdeslewe sal nie vandeesweek by jou verbygaan nie.

Probeer die simptome lees soos wat dit opduik, maar oppas dat jou lewendige verbeelding jou nie dinge laat sien wat nie daar is nie.

21 Jun - 21 Jul
21 Jun - 21 Jul

Dit is basies 'n tyd vir ou wonde heel, hetsy deur verraad of onopsetlike seermaak.

Vergifnis is dalk die moeilikste ding om voor te mik, maar dit is 'n seker manier van aangaan en die verlede agterlaat.

GELUKKIGE NOMMERS 2, 17, 42, 48, 39, 6

Kreef: ‘n Leefstylgids

  • Silwer en rokerige grys is jou kleure.
  • Klere van vloeiende materiaal is vir jou ontwerp.
  • Gemaklik modieuse of pragtige slaapdrag om in te ontspan nadat jy die aand gebad het.
  • Tik jou blommegeur aan jou maagarea aan.
  • Prikkelmiddel: Om minstens 'n dag van die week in die bed te bly.
  • Knus, vertroostende beddegoed en bedoortreksels.
  • Slaapkamerreël: Ontbyt in die bed.

Leeu 22 Jul - 22 Aug

Op die beste van tye is dit nie die slimste idee om met vriende sake te doen nie.

Jy leer dalk vandeesweek die waardevolle les dat mens nie plesier met sake moet meng nie.

22 Jul - 22 Aug
22 Jul - 22 Aug

Gevolglik kan jy met skuldgevoelens worstel, veral as jou vriend finansieel in die nood is.

'n Bestaanskrisis by jou werkplek bring jou dalk rondom die 20ste van stryk.

Maar aangesien Mercurius in dieselfde tyd by jou teken inbeweeg, sal jy waarskynlik kan helder dink.

GELUKKIGE NOMMERS 1, 44, 47, 50, 45, 15

Maagd 23 Aug - 22 Sep

Jou lewensmaat/eggenoot voel dalk hy/sy maak die meeste opofferings om jou met jou loopbaandoelwitte te laat vooruitkom.

Staan 'n oomblik stil en oorweeg of daar waarheid in steek.

23 Aug - 22 Sep
23 Aug - 22 Sep

Dit kan lei tot ontleding wat jou tot diepe nadenke stem.

En omstreeks die 18de moet iets meegee sodat jy kan aangaan.

Teen die 19de kan jy 'n blaaskans van die gebeure van die week nodig hê.

GELUKKIG NOMMERS 5, 12, 29, 36, 15, 6

Weegskaal 23 Sep - 22 OKt

Moenie verbaas wees as jy voel jy swem teen die stroom nie.

Jy sou veel beter daaraan toe gewees het as jy nie so baie energie ingespan het om jou teë te sit nie.

23 Sep - 22 Okt
23 Sep - 22 Okt

Maar as jy net kan kop bo water hou, behoort dit van die 18de af beter te gaan.

Dit is wanneer jou heersende planeet van teken verander en hom in jou loopbaanhoroskoop tuismaak om jou aandag te fokus. M

aar ongelukkig is daar nog een krisis om tussen die huis en die werk op te los.

GELUKKIGE NOMMERS 10, 40, 44, 46, 41, 13

Skerpioen 23 Okt - 21 Nov

Met dié dat die son én Mercurius teenoor jou heersende planeet, Pluto, stelling inneem, kan jy vandeesweek verwag dat die lewe taamlik intens en/of ekstreem sal wees.

As dit as 'n geloofs- of filosofiekrisis manifesteer, hou in gedagte net jy kan besluit in wie en wat jy glo.

23 Okt - 21 Nov
23 Okt - 21 Nov

Geld is op die beste van tye nie 'n maklike onderwerp vir bespreking nie en dit kan hierdie week verwarring tussen jou en jou geliefde veroorsaak.

Dit is dalk beter om die kwessie vir eers te vermy.

GELUKKIGE NOMMERS 7, 21, 32, 47, 28, 15

Boogskutter 22 Nov - 20 Des

Die wêreld wat jy met iemand deel betreffende wat joune, myne en ons s'n is, kom vandeesweek onder die soeklig.

Iemand is daarop uit om elke deel van die vergelyking te ontleed en dit sal jou waarskynlik irriteer.

22 Nov - 20 Des
22 Nov - 20 Des

Dis nutteloos om blaam uit te deel.

So moeilik as wat dit dalk is, 'n openhartige gesprek is nodig.

Kommunikasie is makliker wanneer Mercurius eers by 'n ander vuurteken inbeweeg.

GELUKKIGE NOMMERS 12, 21, 35, 49, 31, 16

Steenbok 21 Des - 20 Jan

Jou liefdeslewe lyk op die oomblik 'n bietjie soos 'n wipplank, met meer oppe en affe as tydperke van ewewig.

21 Des- 20 Jan
21 Des- 20 Jan

As jy en jou lewensmaat/eggenoot die afgelope ruk om mekaar gedans het om 'n konfrontasie te vermy, sal die taktiek waarskynlik nie vandeesweek slaag nie. Moeilike gesprekke verg moed, eerlikheid en toewyding.

As julle dit kan doen terwyl julle steeds vir mekaar deernis het, het julle 'n wenformule beet.

GELUKKIGE NOMMERS 20, 27, 45, 46, 38, 23

Waterdraer 21 Jan - 18 Feb

As jy die afgelope ruk tot laat in die nag gewerk het, sal jou lyf vir jou sê dit het 'n bietjie rus nodig.

21 Jan - 18 Feb
21 Jan - 18 Feb

Daarby moet jy onthou liggaam, siel en gees werk as 'n eenheid en al drie aspekte van jou lewe het op die oomblik liefdevolle sorg nodig.

'n Naweek in die bed, 'n daguitstappie spa toe of die lekkerte van 'n naweek weg is alles maniere hoe jy jou met of sonder 'n maat kan bederf.

GELUKKIGE NOMMERS 7, 24, 32, 51, 31, 18

Visse 19 Feb - 20 Mrt

'n Vriend kan dié week vasbeslote wees om in jou lewe in te meng.

En as jy te beleefd is die persoon op sy/haar plek te sit, kan jy dit dalk later berou.

19 Feb - 20 Mrt
19 Feb - 20 Mrt

Jy voel immers op die oomblik taamlik broos; die laaste ding waarvoor jy lus is, is 'n konfrontasie.

Wanneer Venus op die 18de by 'n medewaterteken inbeweeg, sal dit waarskynlik vir jou makliker wees om jou verhoudingsvaardighede in te span om dit te doen.

GELUKKIGE NOMMERS 1, 36, 50, 52, 49, 22

Ram 21 Mrt - 19 Apr

Die gesinsdinamika laat vandeesweek veel te wense oor.

Voor jy jou oë uitvee, is jy dalk in 'n tik-jy-my-dan-pik-ek-jou-scenario gewikkel, of jy voel aan iemand probeer jou stilweg manipuleer.

21 Mrt - 19 Apr
21 Mrt - 19 Apr

Probeer om nie die gewone refleksreaksie te hê wat net die situasie sal vererger nie.

'n Beter taktiek is om deernis te toon en so die mens te ontwapen wat jou graag tot 'n geveg sou wou uitlok.

GELUKKIGE NOMMERS 3, 21, 33, 38, 26, 9

Bul 20 Apr - 20 Mei

As die simboliese weergawe van die Rots van Gibraltar sal jy dalk vandeesweek lam in die knieë van verliefdheid wees.

Jy raak waarskynlik op die oomblik op liefde verlief en sien nie die groter prentjie nie.

20 Apr - 20 Mei
20 Apr - 20 Mei

Voor jy voortydig jou liefde verklaar, veral as dit 'n platoniese vriend is, of jouself in die verleentheid stel, kom tot jou sinne en wees verstandig.

Wanneer jou planeet, Venus, van teken verander, sal jy weer jou ou self wees.

GELUKKIGE NOMMERS 6, 13, 30, 47, 22, 12

Tweeling 21 Mei - 20 Jun

Hou jou oog vandeesweek op die finansiële bal, want jou aandag is dalk so afgelei deur 'n mens of 'n situasie by die werk dat jy nie agterkom wat in jou beursie of bankrekening aangaan nie.

21 Mei - 20 Jun
21 Mei - 20 Jun

Die laaste ding wat jy wil hê, is om met oop oë die slagoffer van 'n slenter of soortgelyke bedrieglike transaksie te word.

Dit is in elk geval 'n goeie tyd om jou finansiële praktyke ter hersien en oor die algemeen stelsels te verskerp en skuld te verminder.

GELUKKIGE NOMMERS 7, 17, 24, 40, 23, 14

  • Bekendes se verjaardae
  • Wayde van Niekerk - 15 Julie 1992
  • PJ Powers - 16 Julie 1960
  • David Hasselhoff - 17 Julie 1952
  • Priyanka Chopra Jonas - 18 Julie 1982
  • Sandra Oh - 20 Julie 1971
  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot' se daaglikse nuusbrief, "Huisgenoot Vandag".

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

SPELETJIES VANDAG

CTA