Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 16 Junie 2020

JOU DAG

Hoe hardkoppiger jy vandag is, hoe meer sal jy koppe stamp met ander mense.

AS JY VANDAG VERJAAR

Mars is in jou loopbaansone, dus moet jy daarna mik om minder besluiteloos en meer proaktief te wees. Spring oor die komende 12 maande uit 'n groef en beproef iets nuuts!

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

'n Verhouding met 'n boesemvriend sal gespanne wees, so wees versigtig oor wat jy sê. Dink mooi voordat jy iets heeltemal onvanpas uitlap! En dit is beslis nie die regte tyd vir grappies nie!

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Hoe meer jy ander mense onder mikrobeheer plaas, hoe verder sal hulle hul van jou distansieër. 'n Emosionele magstryd is ook waarskynlik, aangesien een van jou geliefdes probeer om weg te breek.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Jy moenie toelaat dat gevoelens van skuld of jaloesie jou verhouding met ander mense vertroebel nie. Mik daarna om openlik en eerlik te wees in al jou handelinge. Jyself is tans die enigste persoon wat moontlik situasies kan bemoeilik.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Probeer om nie die obsessies en intensiteit van ander mense te absorbeer nie. Bepaal jou gedagtes by jou eie doelwitte en verwagtinge, en motiveer jouself dan tot optrede. Jy sal egter geduld aan die dag moet lê.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Jy wil graag hê dat alles vandag glad moet verloop, maar dit sal eenvoudig net nie gebeur nie. Die verhouding met 'n boesemvriend sal intens en ingewikkeld wees, dus moet jy probeer om te ontspan en dinge te aanvaar soos hulle kom.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Magstryd aan jou kant sal eenvoudig tot voortslepende dramas lei. Venus retireer nog steeds, dus moet jy die oorlogspad verlaat en eerder daarna streef om 'n aansienlik meer samewerkende en konsulterende Skerpioen te wees.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Moenie jouself alte hard oordeel nie, Boogskutter - of toelaat dat verbouereerdheid jou keer om iets te doen wat jy nog altyd graag wou doen nie. Jy is in 'n obsessiewe luim, maar moet probeer om nie berge van molshope te maak nie.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Om vandag ander mense te probeer beheer, is 'n resep vir moeilikheid, Steenbok. Hoe meer outoritêr jy optree, hoe moeiliker sal dinge wees. 'n Aanmatigende familielid sal beslis jou geduld beproef.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Jy kan dalk vandag haaks raak met 'n kind, tiener, geliefde of vriend. Hoe meer meedoënloos jy jou saak stel, hoe meer gespanne sal die situasie raak. Probeer om dinge in perspektief te hou.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Jy's gretig om te gesels en te kommunikeer, maar is ander mense in die luim om te luister? Konsentreer vandag op individuele projekte, Visse, aangesien jou geliefdes met hul eie probleme te kampe het.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Vermy die versoeking om gevolgtrekkings te maak en baasspelerig te wees - veral teenoor jou geliefdes of persone in gesagsposisies. Jy mag dalk vind dat jy meer afgebyt het as wat jy met gemak kan kou!

BUL, 21 APR.-21 MEI

Die opstel van 'n begroting verveel jou en jy is gereed vir 'n inkopietog. Maar is dit so 'n goeie plan? Venus beweeg in trurat deur jou geldsone, dus moet jy versigtig wees en 'n langtermynbeskouing aanvaar.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM