Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 23 Junie 2020

JOU DAG

Mercurius en Venus is albei besig om agteruit te beweeg; dus moet jy jou woorde tel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy beskik oor 'n magnetiese persoonlikheid. 2020 is die jaar waartydens jy jou kreatiwiteit op opwindende nuwe maniere aan die werk moet sit.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Jy het 'n enorme hoeveelheid geestesenergie tot jou beskikking, maar moenie te veel hooi op jou vurk laai nie. Hou hope ruimte in jou oorvol rooster, anders sal jy dalk met 'n spanningshoofpyn bly sit.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Katte is vurige skepsels en jy is vandag in die luim vir 'n heftige debat. Maak goeie gebruik van jou geestesenergie terwyl jy studeer, navorsing doen of die oplossing vir 'n knaende raaisel of geheimenis uitwerk.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Moenie vandag te veel hooi op jou vurke laai nie, Maagd. Energie is volop, maar irritasievlakke ook. Vermy opdringerige mense en sensitiewe onderwerpe, want dit sal moeilik wees om jou ware gevoelens te verdoesel.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Lewendige kommunikasie word beklemtoon, terwyl die vonke tussen jou en een van jou kollegas of vriende spat. Moenie verwag om oor alles saam te stem nie en moenie jouself haas nie. Maak seker dat jy alle inligting deeglik nagaan.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Jy het 'n sterk drang om ander oor te haal om te doen wat jy wil hê hulle moet doen. Maar as jy probeer om ander te beheer of manipuleer, sal jy eenvoudig net 'n lang, uitputtende dag beleef. Drink dus 'n kalmeerpilletjie, Skerpioen!

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Jy kan jou diep in 'n meningsverskil of misverstand met een van jou geliefdes bevind as jy kortaf en/of baasspelerig optree. Duidelike kommunikasie is dus die geheim vir 'n redelik stresvrye dag.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Dramas is vandag baie waarskynlik, Steenbok, tensy jy super aanpasbaar kan wees en kalm kan bly. Een van jou geliefdes of kollegas voel gefrustreerd; dus moet jy nie negatiewe opmerkings alte persoonlik opneem nie.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Daar kan vandag onderbrekings en misverstande voorkom aangesien ander op jou vryheidsliewende tone trap. Jy weet wat jy wil doen, maar dis moontlik nie wat ander mense verwag - of waarvan hulle hou - nie.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Moenie instorm en 'n sensitiewe situasie verongeluk as jy 'n voortslepende probleem met een van jou vriende of familielede ervaar nie. As jy wil help - pleks van hinder - het jy meer geduld nodig.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Moenie vandag 'n baasspelerige Ram wees nie. Probeer om jouself te laat geld pleks van aggressief wees. Vermy die drang om ander te oordeel en haastige afleidings te maak as jy met 'n sensitiewe verhoudingskwessie te make het.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Jy deurdink gewoonlik dinge versigtig en deeglik. Maar iemand kan dalk probeer om jou aan te jaag om tot 'n besluit te kom. Neem jou tyd, Bul. Jy sal dit dalk later berou as jy oorhaastig reageer.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Markeer jou pas vandag, want emosies en energievlakke sal wissel. Jy kan ander dalk maklik ontstel, ten spyte van jou goeie voornemens. Weerstaan die drang om terug te kap. Probeer eerder om jou selfbeheersing te behou.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM