Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 25 Augustus 2020

JOU DAG

Haal die beste uit die skitterende verbinding tussen Mercurius en Uranus.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is 'n flambojante en energieke mens. Die komende paar maande is die tyd om meer gehaltetyd saam met jou gesin en boesemvriende deur te bring.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Opvoedkundige en internasionale verbindings word vandag beklemtoon. Jy is ook geestelik wakker en kan vinnige besluite neem. Maar weerstaan die versoeking om meer te beloof as wat jy in werklikheid kan lewer.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Dit lyk op die oppervlak asof jy selfvertroue kort, maar jy het 'n kalm innerlike vertroue wat uiteindelik deurskyn. Laat jou betroubare intuïsie vandag toe om vir jou die regte pad aan te dui.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Dit mag voel asof 'n verhouding met een van jou geliefdes oor 'n terrein beweeg waar julle reeds was, maar dit is tans nodig. Dinge sal geleidelik verbeter indien julle oor 'n positiewe benadering en goeie kommunikasievaardighede beskik.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Vandag se sterre bevoordeel die gisting van innoverende idees. Moet egter nie net praat en niks doen nie! Jou huidige motto kom van jou mede-Boogskutter, Walt Disney "Hou op met praat en begin doen."

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Jy sal vandag opgewonde en vol energie voel, Steenbok, terwyl gesprekke 'n elektriese gedaante aanneem. Span jou geestesvermoëns en kommunikasievaardighede in om projekte aan te voor en die mense om jou te help.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Die sterre moedig jou aan om vas te byt en 'n belangrike besluit te neem. Soek innoverende strategieë wat saam met die huidige status quo kan bestaan. Onthou - oud en nuut kan goed saamwerk!

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Kreatiewe kommunikasie en innoverende idees sal jou vandag ver bring, Visse. Gebruik jou verbeelding. Jy kan ook onverwagte nuus kry deur 'n plasing op die sosiale media of 'n onverwagte telefoonoproep.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Oorspronklike idees sal vandag vinnig op mekaar volg, Ramme! Jul huidige motto kom van die vurige aktrise, Joanna Lumley "Ons moet almal die lewe gryp en dit wat ons het, ten beste gebruik solank ons kan."

BUL, 21 APR.-21 MEI

Baie Bulle voel ongewoon impulsief, so moenie haastige gevolgtrekkings maak nie. 'n Spesiale vriendskap of 'n kreatiewe projek sal jou vandag besig en geestelik gestimuleerd hou.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Berei jou voor vir 'n briljante flitsoomblik! Vandag se sterre sal jou geestelike ratsheid aanhelp, terwyl jy buite die kas dink. Maak dan seker dat jy jou vlugtige idees omsit in tasbare en vrugbare projekte.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Die planetêre patrone sal jou vandag help om take met ekstra energie en geesdrif te takel. Jy sal ook deur beplanning, studie- en navorsingswerk stoom. Dit is lonend om nuwe idees in die praktyk te omskep.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Alle soorte professionele en persoonlike projekte word vandag beklemtoon terwyl jy lastige uitdagings met inisiatief en hope energie aanpak. Maak net seker dat jy abstrakte idees in stewige werklikheid omskep.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM