JOU DAG
Mars en Jupiter is haaks, dus kan jy vandag dramas verwag.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy het fantastiese idees, maar jy kom soms te kort wanneer dit kom by die uitvoering daarvan. Die komende 12 maande is die tyd om meer gedissiplineerd te wees terwyl jy jou planne in die praktyk omskep.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Mars en Jupiter is daarop uit om die ritme van jou dag te versteur. Die verhouding met 'n kollega of gesinslid is ook waarskynlik onderstebo. Klou dus styf vas en verwag die onverwagte!
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Dit lyk asof kommunikasie met familie en vriende vandag deurmekaar is. Moenie op ander mense se weergawe van dinge vertrou nie. Gebruik die tyd om dinge deeglik na te gaan voordat jy 'n belangrike besluit neem.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Daar mag dalk 'n bietjie te veel wrywing by Villa Weegskaal wees, aangesien Mars en Jupiter probleme in jou tuistesone opdiep. 'n Dubbele dosis diplomasie sal jou heel goed deur die dag bring.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Jy's vandag in die luim om jouself te koester, aangesien jy feitlik alles oordoen: praat, eet, kuier en geld uitgee. Pasop, indien jy 'n voertuig bestuur, dat jou aandag nie afgelei word nie.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Jy's gretig om vandag iets nuuts te leer, maar moet sorg dat jy nie vinnige gevolgtrekkings maak nie, veral wat geldsake betref. Deurdink dinge eerder voordat jy 'n groot skuif maak.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Saturnus vuur jou pligsgetroue en hardwerkende sy aan. Jou huidige motto kom dus van Meghan Markle, wat vandag 39 jaar oud is. "Ek is nie 'n dame wat 'n noenmaal aanbied nie, ek is 'n vrou wat werk."
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Opleiding en internasionale bande word beklemtoon. Maar voel jy ietwat rusteloos, Waterdraer? Die planete moedig jou aan om binnekort 'n naweekwegbreek in jou omgewing te beplan.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Is jy realisties? Dit is fantasties om groot drome te droom, maar die tyd breek aan wanneer jy dit in die praktyk moet omsit. Jy is ook geneig tot spandabelheid, aangesien jy te veel geld uitgee of te veel hooi op jou vurk laai.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Ramme kan regte heethoofde wees, en die Mars/Jupiter-vierkant kan jou selfs nog meer impulsief en ongeduldig as gewoonlik maak. Moet dus nie impulsief en roekeloos optree nie.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Haai, Bul - het jy jou dag haarfyn beplan? Wel, jy kan jou gereed maak vir 'n paar aksiegevulde verrassings! Dinge sal beslis nie glad verloop nie, dus, klou vas aan jou sitplek en verwag 'n uitgelate rit.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Haastige woorde sal jou vandag in die moeilikheid laat beland, Tweeling. Dink dus twee keer voordat jy iets aanvegbaars sê wat jou later sal berou. Jy mag dalk uitvind dat jy meer afgebyt het as wat jy met gemak kan kou.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Die huis of die werk lyk vandag onvoorspelbaar, Krappe. Een van jul geliefdes mag julle dalk ontstel met 'n verrassende voorstel. Of 'n kollega, kliënt of klant kan julle met iets ongewoons tref.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.


















