JOU DAG
Die Visse-Maan begunstig kreatiewe, spirituele en humanitêre ondernemings.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy het 'n nuuskierige brein. Desember en Januarie is goeie maande vir liefde, romanse, vriendskap en kuier.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Jy kan dalk vandag oorweldig en emosioneel oorsensitief voel, so pas daarby aan. As ander mense te veel van jou verwag, moet jy nie bang wees om grense op te stel en nee te sê nie.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Leeus kan luidrugtig en onsensitief raak. Die Maan is in die Visse, en jy kan heelwat by hierdie teken leer. Soos om 'n bietjie minder te praat, 'n bietjie meer na te dink; 'n bietjie minder los praatjies, 'n bietjie meer deernis!
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Mik daarna om die balans reg te kry tussen individuele projekte en gesamentlike ondernemings. As jy by eendersdenkende vriende aansluit, kan julle jul talente saamgooi en werklik 'n verskil maak.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Verbonde Weegskale - hou die kommunikasie met 'n maat aan die vloei, en moet hom/haar nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Enkellopendes - soek liefde by 'n samehorige Tweeling, 'n amoreuse Ram of 'n avontuurlike Waterdraer.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Die Visse-Maan reis deur jou kreatiwiteit/vriendskapsone, so dit sal moeilik wees om projekte en mense vas te pen. Jy sal sien dat, hoe meer buigbaar jy is, hoe meer vordering maak jy.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Jy is haastig om 'n finansiële ooreenkoms so gou as moontlik aan die beweeg te kry, Boogskutter, maar daar sit meer agter die situasie as wat die oog kan sien. Moet dus niks teken voordat die onsekerheid nie uit die weg geruim is nie.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Raak jy alte selfbehep? Is dit nie dalk tyd om op ander mense te fokus nie? Om diegene wat in die nood is, te help - tuis en in jou plaaslike gemeenskap - sal jou vandag baie beter laat voel.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Jou mantra vir vandag kom van die musiek-ikoon, Bob Marley, wat die Son en Mercurius in die avontuurlike en avant-garde-Waterdraer gehad het. "Wees lief vir die lewe wat jy voer, voer die lewe wat jy liefhet."
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Die Maan is in die Visse, so dit is tyd om jou oor te gee aan 'n kreatiewe projek. Kry inspirasie by jou mede-Vis, Dr Seuss. "Fantasie is 'n noodsaaklike bestanddeel van die lewe. Dit laat jou lag vir die realiteite van die lewe."
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Ramme kan selfsugtige mense wees, maar, jy sal die meeste uit die dag haal indien jy ander mense help. Die Visse-Maan help jou om minder op jouself te fokus en meer op die behoeftes van mense om jou.
BUL, 21 APR.-21 MEI
As 'n probleem jou pla, moet jy nie net op rasionele gedagtes vertrou om om jou daardeur te help nie. Dit is tyd om in te skakel by jou intuïsie sodat jy toegang kan kry tot 'n bietjie baie nodige innerlike wysheid.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Dit mag dalk aanloklik lyk om toe te laat dat geldsake hul eie gang gaan, maar jy moet op die hoogte bly met geldaangeleenthede. Dit sal jou op die ou end loon om verantwoordelik en nugter te bly.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.


















