Sterre

Jou sterre vir Maandag, 1 Junie 2020

JOU DAG

Ontwrigting is nie noodwendig 'n slegte ding nie, want dit bied die geleentheid om jou roetine wakker te skud.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is gewild en opmerksaam. Die komende 12 maande is die tyd om minder oorhaastig en aansienlik meer geduldig te wees.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Jy's gretig om ander mense op onselfsugtige en onverwagte maniere te help. Jy's ook gevul met energie en geesdrif, maar moenie meer beloof as wat jy met gemak kan lewer nie. Leer om die daad by die word te voeg.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Venus is nog steeds in retireermodus - tot 25 Junie - dus moet jy die versoeking weerstaan om laks te wees wat betref gesonde kos en gereelde oefening. Dissipline en harde werk tans sal op die lange duur goeie vrugte afwerp.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

'n Oppervlakkige en onreëlmatige benadering is tans beslis nie die manier om dinge aan te pak nie, Katte. Hoe deegliker en meer gefokus jy is, hoe beter sal die resultate op die ou end wees.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Moenie bang wees om jou vlerke te sprei en nuwe dinge te toets nie, Maagd. Vars idees sal jou horisonne verbreed, en innoverende veranderings sal ook jou gedagtegang op positiewe nuwe maniere wakker skud.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Jy balanseer twee begeertes, maar dis ook niks nuuts nie. As jy tussen twee moontlikhede moet kies, moet jy die een wat vars en opwindend is, verkies - veral as daar intieme persoonlike verhoudings betrokke is.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Jy moet die durf hê om jou intuïtiewe instinkte te volg, en dan jou gedagtes en gevoelens duidelik en met selfvertroue aan die mense om jou oor te dra. Daar's vandag geen plek vir nukkerigheid of sarkasme nie, Skerpioen.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Die proaktiewe Mars stoom deur jou tuistesone; dus is dit tyd om uitgestelde projekte en uitdagende take om die huis aan te pak. Rol op jou moue - die selfdoen-Boogskutter kom help!

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Wat jou verwagtings, drome en versugtings betref, moet jy ophou met praat oor wat jy wil hê, en begin doen. Daar sal oponthoude, ontwrigtings en probleme wees, maar moenie toelaat dat dit jou afskrik nie.Hou jou oë op die prys.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Streef daarna om die ewewig reg te kry tussen die bekendstelling van noodsaaklike veranderinge en die behoud van die status quo. Behou dit wat werk - en verander dit wat nie werk nie. Jy sal vind dat die probleem is om die regte een te herken!

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Visse voel nogal ongeduldig. Aktiwiteite, soos studeer, sport en daaglikse oefeninge, is geskikte maniere om jul rustelose geestelike en liggaamlike energie in positiewe en vrugbare rigtings te kanaliseer.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Jy's gretig om weg te breek van reëls en inperkings, maar jy moet gerus daarna mik om die balans tussen onafhanklikheid en samesyn reg te kry. Die saamgooi van idees kan dalk lei tot 'n opwindende gesamentlike poging.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Jy moenie alte vaste gewoontes hê nie, Bul ... verandering is tans al waarvan 'n mens seker is! Hoe meer buigsaam jy in jou gedagtes is, hoe makliker sal dit wees om by die immer veranderende omstandighede aan te pas.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM