Sterre

Jou sterre vir Vrydag, 12 Junie 2020

JOU DAG

Kreatiwiteit en deernis word vandag beklemtoon.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy wil graag hê die lewe moet een groot avontuur wees. 2020 is die jaar om meer realisties oor jou doelwitte en aspirasies vir die toekoms te raak.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

'n Verhouding met 'n kollega kan verwarrend raak aangesien hulle vae aanwysings of ingewikkelde verduidelikings gee. As jy twyfel, vra 'n verduideliking. Duidelike kommunikasie is die sleutel.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Die maan is in jou mede-waterteken, die Visse. Jy sal ekstra emosioneel, deernisvol en intuïtief voel. Kreatiewe en spirituele strewes - soos kuns, musiek, joga en meditasie - lyk gunstig.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Voel jy terneergedruk? Moenie toelaat dat huidige uitdagings jou afskrik nie. Kry inspirasie by Anne Frank (1929-1945), wat ook vandag sou verjaar het. "Dink aan al die prag wat nog rondom jou is en put genot daaruit."

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Ervaar jy probleme met 'n geliefde, kollega of kliënt? Probeer om dinge uit hul oogpunt te sien. Hoe meer sensitief en inklusief jy is, hoe beter sal die verhouding raak.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Die lewe is tans bedrywig, terwyl mense teen 'n konstante - en verwarrende - tempo kom en gaan. As jy 'n probleem by die skool of werk ervaar, moet jy jou intuïsie inspan om jou na 'n bevredigende oplossing te lei.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Venus, die verhoudingsplaneet, beweeg tot 25 Junie in trurat. Luister na die wyse woorde van die Skerpioen-sanger en -liedjieskrywer, Joni Mitchell: "Daar is dinge wat bely moet word om die wêreld te verryk, en dinge wat liewer nie genoem moet word nie."

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Moenie vandag selfsugtig en selfbehep wees nie. Alles draai nie net om jou nie. Skenk noukeurig aandag aan 'n huishoudelike kwessie of 'n verhoudingsprobleem. Daar steek meer agter die saak as wat dit lyk.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Wat 'n kollega, familielid of boesemvriend betref, gebeur daar heelwat meer agter die skerms as waarvan jy dalk bewus is. Gebruik jou Steenbok-speurvernuf om op te diep wat werklik aangaan.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Geldsake kort gekonsentreerde aandag, hersiening en herorganisasie. Maar jy kan verdeeld voel tussen proaktief wees oor die aanbring van veranderings en om sommer jou kop in die sand te steek.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Moenie alles glo wat jy hoor, of toelaat dat iemand jou op die paadjie na Vis-moeilikheid lei nie. Moenie belangrike besluite neem nie en fokus eerder op kreatiewe en spirituele strewes.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Met die maan, Mars en Neptunus in jou afsonderingsone, is dit die perfekte dag vir solo strewes. Probeer om 'n bietjie stiltetyd opsy te sit vir meditasie, mymering of net lekker dagdromery.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Intieme verhoudings word vandag beklemtoon, solank jy bereid is om toegewings te maak. Moenie alles glo wat 'n mooiweersvriend jou vertel nie. Jy hoor dalk nie die hele storie nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM