Sterre

Jou sterre vir Vrydag, 19 Junie 2020

JOU DAG

Bring vandag 'n bietjie gehaltetyd saam met 'n vriend of familielid deur.

AS JY VANDAG VERJAAR

Hoe meer georganiseerd jy is, hoe meer produktief sal die komende jaar wees. Maar probeer om meer sensitief teenoor die gevoelens van jou geliefdes te wees.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Die planete versterk romantiese vooruitsigte en verhoudings by die werkplek. Jy sal ook sien dat, hoe dieper jy met familie, vriende en kollegas kommunikeer, hoe lonender sal die dag wees.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Jy is nie vandag in die bui vir kunsmatighede nie, Kreef. Pluto verdiep die kontak tussen jou en jou geliefdes, terwyl jy intieme geheime op 'n openhartige wyse met 'n spesiale persoon deel.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Die magtige Pluto moedig jou aan om vandag innig en intiem te raak met vriende en familie. Maar Mercurius en Venus is albei in trurat, dus moet jy jou bes doen om 'n ekstra diplomatiese Kat te wees.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Moenie toelaat dat vae vrese jou terughou nie, Maagd! As daar iets is wat jy wil doen, maak 'n plan en aanvaar die uitdaging. Harde werk en baie geduld sal jou uiteindelik daar uitbring.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Het jy jouself afgeskeep en op ander mense gekonsentreer? Die huidige sterre herinner jou daaraan om meer proaktief met jou gesondheid en fiksheid te wees, terwyl jy jou liggaam koester met kos en gereelde oefening.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Die Mars-Pluto verbinding gee jou ekstra krag om vandag dinge te bereik. Dit is dus 'n goeie tyd om die moet-doen-lysie af te merk en take wat op die agtergrond geskuif is, aan te pak. Jy sal dan tevrede voel omdat dit behoorlik afgehandel is.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Jy kort 'n ruskans van al die harde werk wat jy gedoen het, so sit tyd opsy vir 'n bietjie rus en ontspanning tuis. Sommige kreatiewe Boogskutters sal die rol van Huisgode en -godinne speel en begin kook dat die biesies bewe.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Jy is in die bui om aan 'n projek waaroor jy passievol is, te werk. Moet egter nie jou geliefdes intussen afskeep nie, Steenbok. Met 'n bietjie kreatiewe verrigting van verskeie take sal jy sien dat daar genoeg tyd vir albei is.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Dit is 'n goeie tyd om individuele projekte aan te pak, geldsake uit te sorteer, die begroting te balanseer of op die hoogte te kom met onvoltooide persoonlike besigheid. Luister ook na dit wat jou intuïsie jou vertel.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Verveel die status quo jou? Mars, die aksieplaneet, is in die Visse, en dit stimuleer jou rustelose sy. Dit is dus tyd om jouself in opwindende nuwe rigtings uit te strek - fisies, verstandelik en geestelik.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Wat betaalde of vrywillige werk betref, moet jy onder die oppervlak soek na die oplossing vir die probleem. As jy jou tyd gebruik om by jou intuïsie in te skakel, sal dit vir jou die rigting na 'n bevredigende oplossing aandui.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Intieme verhoudings en groepsdinamika word beklemtoon, aangesien Pluto jou emosionele bande versterk en jou kontakte verdiep. Maar Venus is steeds in trurat, so wees versigtig en kies jou woorde wys.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM