JOU DAG
Vandag word lotsbestemming en dapperheid op verrassende maniere gekombineer.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy het 'n sterk behoefte om ander te beskerm. Wat jou geliefdes betref moet jy daarna mik om liefdevol, eerder as versmorend, te wees.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Dit lyk asof dinge baie stadig vorder, maar allerlei positiewe projekte ontwikkel agter die skerms. Dit is dus tyd vir slim Krewe om supergeduldig te wees en te volhard.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Motivering en verbeelding sal jou vandag ver bring terwyl jy 'n huidige probleem met ekstra sorg en deernis ondersoek. Die beste oplossing is nie altyd die mees voor die hand liggende een nie.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Maagde kan versigtige skepsels wees. Maar die huidige planetêre patrone handel almal oor die uitlê van 'n heel nuwe pad op jou eie - veral by die werk. Waagmoed en voorbestemming sal jou ver bring.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Is jy wat jou toekomsvisie betref oormatig versigtig en verstandig? Die planete druk jou om meer waagmoed en dapperheid aan die dag te lê in die navolging van jou ware roeping.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Jou lotsbestemming is tans reg rondom jou, veral wat vriende, kinders en kreatiwiteit betref. Dit is tyd om uit te reik en jou ware roeping met albei hande aan te gryp. Selfbejammering word nie toegelaat nie.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Karma is in aantog wat 'n intieme verhouding betref. Jou roeping is beslis by dié mens ingeweef; doen alles wat jy kan om die vennootskap in 'n positiewe rigting te laat beweeg.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Wees proaktief en kreatief met jou kontakte by die werk. Hoe meer jy professionele vriendskappe versorg, hoe meer geleenthede sal in die toekoms na jou kant toe kom.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Is jy bekommerd oor geldsake? Met die magtige Mars wat jou geldsone aktiveer, is dit tyd om vas te byt en eindelik 'n frustrerende finansiële probleem op te los. Smee die yster terwyl dit nog warm is.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Jou huidige motto kom van jou mede-Vis - die skrywer, digter en illustreerder Dr Seuss: "Fantasie is 'n noodsaaklike bestanddeel van lewe. Dit help jou om vir die werklikhede van die lewe te lag."
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Talle Ramme voel ietwat gestres. Vandag maak jou heerserplaneet, Mars, kontak met die voorbestemmingspunt op jou kaart. Dit is tyd om 'n beslissende skuif te maak. Dit sal nie maklik wees nie, maar jy sal verplig voel om te probeer.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Dit is tyd om uit jou gemaksone te spring en na 'n uitdagende nuwe terrein te mik. Reis en studie is betrokke, terwyl jy jou voorberei om fisiek op reis te gaan of net in jou gedagtes te gaan toer.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
'n Huidige persoonlike projek het 'n gevoel van charisma. Ten spyte van 'n paar uitdagings moet jy proaktief bly en vorentoe beur. Om terug te val in uitstelmodus is tans nie 'n haalbare opsie nie.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.


















