KYK: Emma Stone waag met pixie-haarstyl

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Vroeër die week by die Golden Globe-toekennings het aktrise Emma Stone in 'n treffende rooi skouerlose Louis Vuitton-skepping op die rooitapyt verskyn.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Maar dis nie haar unieke ontwerpersrok wat die kollig gesteel het nie, maar haar nuwe haarstyl! Emma se rooibruin hare is nou in 'n pixie-styl gesny.

Harper's Bazaar beweer in 'n aanlynartikel dat sy haar hare vir die nuwe film Bugonia afgeskeer het en dat die pixie-haarstyl te danke is aan haar hare wat nou uiteindelik begin uitgroei. Die film is einde verlede jaar verfilm.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Emma se haarstilis, Mara Roszak sê dat dié pixie-haarsyl haar aan die negentigs herinner. Dis 'n baie nostalgiese haarstyl.

Mara noem dat sy slegs een haarproduk vir Emma se haarvoorkoms gebruik het. Om opstaanhaartjies te tem en seker te maak dat die haarstyl sjiek en foutloos lyk, het Mara 'n liggewigte stileringsroom gebruik.

Mara se inspirasie:

Winona Ryder. FOTO Getty Images / Gallo Images
Winona Ryder. FOTO Getty Images / Gallo Images
Liv Tyler. FOTO Getty Images / Gallo Images
Liv Tyler. FOTO Getty Images / Gallo Images

Ons kan nie help om te wonder of daar 'n herlewing van die pixie-haarstyl in 2025 gaan wees nie.

Kyk net hier:

Bron: harpersbazaar.com

SPELETJIES VANDAG

CTA