KYK: Modes by die Baftas

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Sondagaand het die 78ste Bafta-toekenningsgeleentheid in Londen plaasgevind.

Ons weet nie of dit iets in die Engelse lug is nie, maar by die Britte se Oscar-aand het die modes op die rooitapyt nie teleurgestel nie.

Ja, daar was 'n paar uitrustings wat nie in die kol was nie, maar die oorhoofse indruk was stylvol en keurig.

Kyk net hier:

Zoe Saldanha se swart rok was klassiek en tydloos. Die ongewone kraag het haar rok interessant afgerond.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Selena Gomez het 'n Schiaparelli-skepping gedra. Die noupassende rok was 'n kombinasie van 'n effense halternek én skouerlose moue in swart fluweel.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Die wit Jacquemus-rok wat Pamela Anderson gedra het, was tydloos en het 'n treffende indruk geskep. Pamela lyk vars en klassiek.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Ariana Grande het stylvol in 'n Louis Vuitton-skepping gelyk. Die rok se bostuk was treffend in sy eenvoud en die gekartelde rok het die perfekte balans met volume en kleur geskep.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Die unieke motiewe op Demi Moore se halternekrok met 'n sleep het aandag getrek. Dit het soos gebrandgeskilderde glaspanele gelyk.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Timothée Chalamet het gemaklik in sy pak met 'n korter baadjie gelyk.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Saoirse Ronan se eenvoudige pepermentgroen aandrok met bypassende sjaal het haar gelaat prentjiemooi gekomplementeer.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Kyk net hoe netjies lyk die Britse akteur Leo Woodall in 'n swart aandpak.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Ons is gaande oor die geliefde Britse aktrise Celia Imrie se vierkantige halslyn en pofmoue. Sy lyk modern, maar tydloos.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

SPELETJIES VANDAG

CTA