Koperhalssnoere met hangertjies van halfedelstene (vanaf R530 elk) en koperringe met halfedelstene (vanaf R630 elk), Down To Earth Jewellery. Naaswit onderbaadjie van poliëstermengelstof (R399), Y&G by Foschini. Naaswit baadjie van herwinde poliëster
Juweelprag
Dra jou juweliersware laag op laag vir maksimum trefkrag, of dit nou verskillende halssnoere om jou nek of ringe aan jou vingers is.
Kant en klaar
Naaswit satynpotloodromp met swart kant (R1 699), Zara. Vlootblou satyn-oorvoubloes met blinkerblomme (R1 999), Zara. Silwer kunsleerhakskoene met hakbandjie (R499), Foschini. Oorbelle van herwinde sink en kunspêrels (R249), H&M. Foto: Glen Montgomery van Supernova Management
Gee 'n uitrusting sensualiteit met 'n tikkie kant, veral aan die soomlyn van 'n romp of aangliprok.
Fraiing-fleur
Silwer blinkerrok met fraiings (R1 899), Queenspark. Foto: Glen Montgomery van Supernova Management
Fraiingdetail is oral gesien op die onlangse internasionale loopplanke, van Giorgio Armani tot Alexander McQueen. Maak dit dié somer deel van jou klerekas, dag tot aand.
Blomme bly bobaas
Katoen-T-hemp met room-en-blou blompatroon (R449), Poetry. Roomkleurige 3D-blom van herwinde poliëster met swart detail in nek (R199), H&M. Vlieënierstyl baadjie van silwerkleurige blinkerstof (R1 099), Queenspark. Vlootblou geplooide wyepypbroek van herwinde poliëster (R799), H&M. Kunspêrelbelt (R400), Lovisa. Foto: Glen Montgomery van Supernova Management
Van blompatrone tot 3D-blomme, jy kan nou behoorlik blom met dié simbool van vroulikheid.
Blink kant bo
Silwer blinkerbroek (R1 299), Zara. Roomkleurige skouerlose top van viskose-mengelstof (R699), Poetry. Blou blompatroon-hemprok van viskose (R379), H&M. Ligblou haarstrikke op moue (R139 elk), Woolworths. Silwer halssnoer (vanaf R390), Lovisa. Silwer kunsleerhakskoene met hakbandjie (R499), Foschini. Foto: Glen Montgomery van Supernova Management
Skitter die feestyd in 'n blinkerbroek. Dit is selfs gepas vir die dag saam met 'n skouerlose top en 'n oopknooprok wat dien as 'n liggewig-somerjas.
Bekoorlike bloes
Naaswit deursigtige bloes met swart strikkies (vanaf R799), Me & B. Miniromp in blou-en-wit tweed (R899), Old Khaki. Goue oorbelle (R249), H&M. Foto: Glen Montgomery van Supernova Management
Strikke is hierdie somer oral te sien en dié deursigtige bloes met sy fyn strikpatroon gee 'n volwasse gevoel aan die Girlcore-trend van vroulikheid in al sy fasette.
Blou vir onthou
Delftpatroon-bloes met bypassende broek (pryse op aanvraag), Gert-Johan Coetzee. Goue palmhandsak van leer (R1 699), Poetry. Swart haksandale van kunsleer (R349), H&M. Foto: Glen Montgomery van Supernova Management
Die hele spektrum van blou was te sien op die loopplanke by die Lente/Somer 2024-vertonings. Van ligblou tot vlootblou, strepe tot patrone. Selfs plaaslik bekoor ontwerper Gert-Johan Coetzee ons met Delftpatrone in een van sy reekse.
Somer se stem
Ligblou hemp van broderie anglaise-katoen (R699), H&M. Gestreepte skouerlose top van katoenmengelstof (R299), Y&G by Foschini. Goue broek van herwinde poliëster (R1 299), Zara. Goue skoene met lae blokhak (R1 499), Poetry. Foto: Glen Montgomery van Supernova Management
Daar is niks wat harder somer sê as broderie anglaise nie. Van hemde tot rokke geniet die tikkie vroulikheid wat dié materiaal aan 'n uitrusting gee.
Klassiek kraai koning
Ligblou halternek-maksirok van broderie anglaise (R980), Pretpakkie. Goue belt met 3D-blom (R679), Zara. Blinkerhandsak (R1 149), Colette deur Colette Hayman by Foschini. Verskeie goue ringe (R300 vir 'n stel van 5), Lovisa. Foto: Glen Montgomery van Supernova Management
Jy kan nooit 'n fout maak met 'n klassieke snyersbaadjie nie. Een van linne is perfek vir die somer, want dis 'n koeler stof.
Vlootblou potloodstreep-linnebaadjie (R1 299), Woolworths. Ligblou halternek-maksirok van broderie anglaise (R980), Pretpakkie. Goue belt met 3D-blom (R679), Zara. Blinkerhandsak (R1 149), Colette deur Colette Hayman by Foschini. Verskeie goue ringe (R300 vir 'n stel van 5), Lovisa. Foto: Glen Montgomery van Supernova Management
Dit is ook 'n heerlik veelsydige item wat net so mooi saam met 'n rok as jou gunsteling-jeans lyk.
Erkenning
Spesiale dank aan
Kokkedoor: Vuur & Vlam vir die gebruik van die stel op Struisbaai as agtergrond. Kyk die tweede seisoen van Kokkedoor: Vuur & Vlam vanaf Donderdag 6 Februarie 2025 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).