Jordan Fortuin is een van 13 finaliste in vanjaar se SARIE Matriekafskeidrok-kompetisie.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoër Meisieskool La Rochelle, Paarl
Datum van matriekafskeid?
4 Oktober 2024
Kort verduideliking van jou rok- of ontwerpkeuse
Dit het bestaan uit 'n rompgedeelte en 'n bypassende bostuk wat saam soos 'n rok gelyk het. Die onderste gedeelte was van swart materiaal met unieke kraalborduurwerk.
Die moue, wat soos 'n handskoen gepas het, was afsonderlik van my rok. 'n Wye swart satynsleep wat ek kon afhaal, het die agterkant van die onderste gedeelte bedek.
Wat was die inspirasie vir jou rok?
Ek het nie juis geweet hoe my rok gaan lyk nie, want dit was als my ma se idees en inspirasie. Sy is 'n kleremaker en ek vertrou haar met al my rokkeuses. Sy wou altyd hê ek moet soos 'n loopplankmodel lyk op my matriekafskeid.
Wat was jou gunstelingdeel van die rok?
Nie net die rok nie, maar die hele dag van my afskeid - van die begin met my haarstilering wat absoluut treffend was, tot my grimering tot by die minuut waar ek my rok begin aantrek het.
Dis die proses wat ek nooit sal vergeet nie. Die fotograaf was my gunsteling, want hy het net geweet hoe om die perfekte foto's te neem.





















