Styl

Ooggrimering: 3 moet-hê hulpmiddels

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Instagram / Vogue Beauty
FOTO Instagram / Vogue Beauty

Treffende ooggrimering het die vermoë om jou algehele grimeervoorkoms in 'n ander liga te plaas.

Daarom is dit noodsaaklik dat elke vrou ooggrimering vervolmaak.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Maar moenie laat dié kuns jou intimideer nie, te danke aan slim truuks en hulpmiddels kan jy in 'n kits pragtige ooggrimering onder die knie kry.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Stel dié hulpmiddels op die proef

1. Kosmetiese kleeflint

Dié kleeflint help om oogskadu en selfs oogomlyner foutloos aan te wend. Skeur sowat 'n 3 cm-strook af en plak dit langsaan jou oë se buitehoeke in die rigting van jou wenkbroue. Nou kan jy jou ooggrimering aanwend.

Die kleeflint verseker dat jou oogvoorkoms meteens netjies lyk en dit is dus nie nodig om grimeerverwyderaar te gebruik om jou oogvoorkoms netjies af te rond nie. Boonop stel dit jou in staat om met gemak jou grimering aan te wend.

Catrice Magic Perfectors Cosmetic Tape (R89)

2. Wimperkruller

Het jy al ooit daaraan gedink dat jy jou wimperkruller op 'n ander wyse kan inspan as om net jou wimpers te krul? Plaas die ronding van die wimperkruller teenaan jou ooglid, onder jou oogbank. Neem nou 'n donker neutrale oogskadu en wend dit teenaan die ronding aan.

Dit help om jou oogvorm te definieer en dis 'n maklike manier om met jou oogvoorkoms te begin en van daar af die res van jou oogvoorkoms op te bou.

Essence Eyelash Curler in Rose Gold (R76)

3. Wimperskild en -kam

Smeer jou maskara soms op jou ooglede terwyl jy dit aanwend? Dié oulike wimpertoestel help om dit te voorkom. Dit help ook om jou wimperhaartjies mooi van mekaar te skei vir 'n voller en verlengde voorkoms.

Tweezerman Lash Guard and Comb (R255) By Dis-Chem

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM