Styl

Vinnig spring as jy Beeld se Vrouefees wil bywoon

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Van lekkernye tot velsorgprodukte en juweliersware tot farmaseutiese middels. Van 'n grimeerklas deur Willem Botha en musiek deur Leah en Jemma Catherine tot 'n motiveringspraatjie deur Nadine Blom en 'n verbruikersgesprek.

Dit en alles tussenin is wat Beeld se Vrouefees vanjaar aan vroue bied wat stalletjies en vermaak betref.

Beeld se Vrouefees word op Saterdag, 29 Julie by Avianto in Muldersdrift aan die Wes-Rand aangebied.

Leah Foto: Verskaf
Leah Foto: Verskaf
Willem Botha Foto: Verskaf
Willem Botha Foto: Verskaf

Vanjaar is daar 'n heerlike aansitete waar vroue nie net lekker kan eet nie, maar ook lekker kan kuier en ontspan.

Kom smul aan geurige botterhoender, sambals en rys of 'n beesvleis-en-sampioen-stowegereg in 'n rooiwyn-jus wat voorgesit word op parmesaan-kapokaartappels met baba-uie. (Beeld sal met jou in verbinding tree om jou keuse vas te stel en indien jy enige spesiale dieetbehoeftes het.)

Kom klink 'n glasie (van jou keuse danksy 'n kontantkroeg) op vrouwees.

Kom koop na hartelus by die kuiermark met sy wye verskeidenheid van stalletjies en loer wat alles in jou gratis geskenkpakkie versteek is.

Maar opskud - net enkele kaartjies is beskikbaar.

Groepe kry boonop afslag - so nooi jou vriendinne saam.

Jy kan ook 'n verskil in 'n behoeftige vrou se lewe maak deur 'n handsak met sanitêre produkte of toiletware saam te bring. Beeld sal sorg dat dit in die regte vrou se hande beland.

Besoek tixsa.co.za (soek vir Beeld Vrouefees) teen R450 vir 'n enkelkaartjie, R2 520 vir 'n tafel van ses of R4 000 vir 'n tafel van 10.

Registrasie vind plaas op 29 Julie tussen 08:00 en 08:45, bring dus jou kaartjie saam.

Die program begin stiptelik om 09:00.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM