Tanya Schaeffer se loopbaan gaan binnekort 'n hupstoot kry - en dieselfde het gisteraand met haar voorkoms gebeur.
Schaeffer (29) was vandeesweek se deelnemer aan die voorkomstransformasieprogram Glam Guru.
As 'n aptekersassistent kry Schaeffer daagliks met 'n menigte mense te doen. Sy voel haar voorkoms steek ietwat af teen dié van haar kliënte.

Sy gaan boonop een van die dae haar aptekersraad-sertifikaat in ontvangs neem en sy wil seker maak dat sy op haar beste lyk.
Hannon Bothma, die aanbieder van Glam Guru, het 'n "waaghalsige haarstyl" en 'n "opwindender haarkleur" vir Schaeffer gekies. Haar hare is aansienlik korter gekap en sy het nou 'n donkerder haarkleur met 'n paar ligter stukke.
Bothma het sy kenmerkende "spuit-en-lig-spuit-en-lig"-metode toegepas om Schaeffer se hare volume te gee.
"Dis 'n volumestyl wat so maklik is dat jy elke dag die mooilyk-standaard sal kan volhou," het hy gesê.
Schaeffer het praktiese raad oor velsorg gekry, wat 'n gesigseep, masker, spesiale rome en olie insluit en geleer hoe om haarself gepas te grimeer vir elke geleentheid, van elke dag agter die apteek se toonbank tot 'n glansgeleentheid.

Sy is uitgevat in 'n meer nousluitende uitrusting wat die koppe laat draai in 'n kleur wat haar gelaatskleur ophelder.
Met elke episode van Glam Guru wen 'n Beeld-leser Hannon-skoonheidsprodukte van R1 000.
Vandeesweek se wenner van Beeld se Glam Guru-kompetisie is Christine Cloete van Port Elizabeth. "Dis 'n groot geskenk," het sy gesê oor die bederf wat sy kry.
Neem deel
'n Voorbeeld van 'n inskrywing is: Hannon, pienk lipstiffie, Jane Doe, Koster, JaneDoe@yahoo.com.
Die weeklikse wenner word in 'n gelukkige trekking gekies en word in Beeld bekend gemaak.
Vandeesweek se vraag is: Watter sjampoe en opknapper stel Glam Guru voor vir diegene wie se hare plat teen hul koppe droogword?


















