'n Glansryke dag vol gloeiende insigte - by ons LUMINOUS Trend Talk het gesprekke oor skoonheid en velsorg geseëvier!
Ná drie maande van samewerking tussen NIVEA, SARIE, TRUELOVE en FAIRLADY, het die grand finale - die LUMINOUS Trend Talk - eindelik aangebreek. Benewens glansartikels en onderhoude het die reis tot hier selfs 'n uitstappie na die NIVEA-hoofkantoor in Hamburg, Duitsland, ingesluit, met skoonheid- en velsorgbeïnvloeders soos blogger Jessica van Heerden, grimeerkunstenaar Kay Yarms en inhoudskepper Clarissa Magunde wat almal daar was.
Die praatjie is gehou by Mea Culpa in Kew, Johannesburg, met sy pragtige tuin.
Onder die gaste was lesers en skoonheid- en velsorgentoesiaste soos die stylvolle "momager" en entrepreneur Lynn Forbes en TV-aanbieder en aktrise Pearl Modiadie. Almal het opgedaag in NIVEA se bekende blou asook skakerings van groen, rooi en goud, geïnspireer deur hul gunstelingserum - soos die NIVEA LUMINOUS630® Advanced Treatment Serum, Post-Acne Dark Mark Serum and Anti-Age & Spot Serum. Die gasvrou was die model en TV-aanbieder Ayanda Thabethe. Saam met haar op die besprekingspaneel was die dermatoloog dr. Nokubonga Khoza en top-tydskrifredakteurs Michélle van Breda van SARIE, Fairlady se Suzy Brokensha en Mbali Soga van True Love. Hulle het waardevolle insigte gedeel om gaste met velsorgkennis te bemagtig.

Kennerswenke
'n Sleutel-insig was die belangrikheid van verpersoonlikte velsorg met die regte produkte vir jou vel. Die gebruik van sonroom is veral uitgelig in die voorkoming van velskade, ongeag jou velkleur of -tipe. Kennerswenke is gedeel oor die bestuur van pigmentasie en donker merke deur die konsekwente gebruik van geteikende behandelings wat indrukwekkende resultate kan lewer. Daar is ook gepraat oor die evolusie van skoonheidstandaarde en die voordele om vroeg met 'n goeie velsorgroetine te begin. Die hooftema was egter om vroue te bemagtig deur ingeligte velsorgkeuses te maak.
Groot pret
Ná die praatjie is deelnemers genooi na 'n laatontbyt-buffet terwyl DJ Hazel musiek verskaf het. Lesers kon nuwe vriende maak, en hul eie SARIE-, Fairlady- of True Love-voorblad laat neem. 'n Geskenksak met die nuutste uitgawes van die tydskrifte asook moet-hê-NIVEA-produkte was die perfekte afsluiting van die dag. Dit was meer as 'n glansgeleentheid - die LUMINOUS Trend Talk was 'n ware viering van skoonheid, kennis en bemagtiging.
















