Verhoudings

Selfhelp: 5, 4, 3, 2, 1 – aksie!

Maar het jy geweet sy het nóg ’n teorie wat al agt jaar gelede selfhelp-aanhangers gaande gehad het?

The 5-second Rule: The Fastest Way to Change your Life is in 33 tale vertaal, 2 miljoen eksemplare is verkoop en dit verkoop deesdae weer fluks.

In ’n neutedop: As jy ’n gevoel kry jy móét iets doen, tel: 5, 4, 3, 2, 1 . . . en gaan oor tot aksie voordat jou brein jou van plan laat verander.

Dit klink eenvoudig, maar sy beloof dié tegniek, gerugsteun deur navorsing, kan baie dinge in jou lewe verander.