Beheer stres: Volg holistiese benadering

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie: GETTY IMAGES
Foto ter illustrasie: GETTY IMAGES

Stres kan gedefinieer word as 'n faktor wat liggaamlike of geestelike spanning veroorsaak¹. Stres kan geestelike, emosionele en fisieke funksionaliteit beïnvloed. Geestelike simptome sluit in konsentrasieprobleme, leertekorte en swak geheue.

Dr. Abbey Wagner, 'n bekende homeopaat met meer as 16 jaar se ondervinding in die veld, verduidelik meer oor stres en die effek daarvan op konsentrasie.

Wat moet jy weet oor die effek van stres op fokus en konsentrasie?

Onbeheerde en voortdurende stres benadeel ons vermoë om te dink en te fokus. Dit lei tot gevoelens van angs en oorweldiging. Dit is belangrik om hier tussen akute en chroniese stres te onderskei, aangesien chroniese stres oor die algemeen meer die skuldige is met fokus- en konsentrasieprobleme.

Akute stres: Dit is korttermynstres wat veroorsaak word deur onmiddellike faktore. Die liggaam reageer met 'n stressiklus om die akute stres te bestuur.

Chroniese stres: Dit is onbeheerde langtermynstres. Hier speel die liggaam se natuurlike stressiklus 'n rol om voortdurend in 'n toestand van hiperwaaksaamheid te wees.

Hierdie toestand lei tot swak konsentrasie en ander gesondheidsprobleme.

Wat is die stressiklus?

Die menslike liggaam het 'n fisiologiese reaksie op stres en bestaan uit onmiddellike en verlengde fases. Hierdie fases werk saam om waargenome stres te hanteer en help om balans in die liggaam te hervestig (homeostase)².

Die onmiddellike fase verhoog sirkulerende adrenalien deur die simpatiese senuweestelsel te aktiveer, wat lei tot 'n veg-of-vlug-reaksie. Die fase met 'n verlengde reaksie tyd behels aktivering van die hipotalamus-pituïtêre-bynier (HPA)-stelsel in die brein.

Dit lei daartoe dat sekere hormone soos kortisol deur die byniere in die liggaam afgeskei word.

As die stressiklus nie bestuur word nie en homeostase word nie in die liggaam bereik nie, word geestelike, emosionele en fisieke funksionaliteit beïnvloed.

Is dit voordelig om natuurlike produkte te gebruik om die stressiklus te bestuur?

Dit kan baie nuttig wees om sekere effektiewe natuurlike produkte te gebruik as buffer teen stresreaksie.

Deur die korrekte natuurlike produkte te neem, kan ons help om adrenalien- en kortisolvlakke te verminder, hetsy op 'n gereelde basis of in akute periodes van verhoogde stres, en sodoende hiperwaaksaamheid voorkom en help met fokus en konsentrasie. Ons stel voor dat jy jou geneesheer raadpleeg voordat jy enige voorgeskrewe medisyne staak of besluit om dit in kombinasie met Neurexan® te gebruik.

Werk natuurlike produkte werklik?

Ja, sekere natuurlike produkte is uiters doeltreffend. Die werking en effektiwiteit van Neurexan® word deur navorsing ondersteun om stresgeïnduseerde hiperwaaksaamheid aansienlik te verminder en het 'n stresverligtende effek getoon terwyl dit nie lomerigheid of verlies aan aandag veroorsaak nie³.

Hoe kan stres verder bestuur word om optimale fokus en konsentrasie te verseker?

Die hantering van stres is veelsydig. 'n Holistiese benadering is kompleks, soos om onnodige snellers waar moontlik te vermy, stimulante soos kafeïen en skermtyd te beperk, bewus te wees van behoorlik asemhaling, en voeding en geskikte oefening te prioritiseer.

Soek natuurlike produkte wat bewys is dat dit op die brein werk en daardeur gemoedsregulering sowel as die stres- en vreesreaksie beïnvloed.

  • Bronne:

1.Shiel W.C. Medical Definition of Stress. MedicineNet. Published 2018. Accessed August 4, 2020.

2.Harvard Medical School. "Understanding the Stress Re­sponse." Harvard Mental Health Letter [serial online]. 2018;27(9):4- 6. doi:10.1126/science.

3.Herrmann L., Vicheva P., Kasties V., et al. "fMRI Revealed Reduced Amygdala Activation After Nx4 in Mildly to Moderately Stressed Healthy Volunteers in a Randomized, Placebo-Controlled, Cross-Over Trial". Scientific Reports. 2020;10(1).

GEBORG

Neurexan®

Verminder spanning, verbeter fokus.

Jou vermoë om aandag te skenk en te fokus is 'n belangrike breinfunksie. Konsentrasie en fokus kan belemmer word deur stres. Neurexan® is 'n toonaangewende Duitse produk wat nou in Suid-Afrika beskikbaar is. Neurexan® het ‘n stres-verligtende uitwerking en daar is bewys dat Neurexan® die vatbaarheid vir afleiding verminder en fokus verbeter. Neurexan® is beskikbaar in apteke, waar natuurlike produkte gehou word, sonder 'n voorskrif en is veilig vir alle ouderdomme.

SPELETJIES VANDAG

CTA