Welstand

Dís wat baie pasiënte wil weet . . .

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: VERSKAF
Foto: VERSKAF

Om goed na jou tande om te sien is van kardinale belang. En met jou gereelde tandarts-ondersoek is daar natuurlik vrae wat jy aan jou tandarts vra. Dr. Christa Engelbrecht, 'n algemene estetiese tandarts in Stellenbosch, beantwoord agt van die algemeenste vrae wat sy weekliks in haar praktyk hoor:

1. Hoekom moet ek gereeld die tandarts besoek?

Min mense besef dat 'n gereelde besoek aan die tandarts, tyd en geld op lang termyn sal spaar. Tandartse los nie net probleme op nie; hulle kan dit ook voorkom.

Probleme wat hulle kan raaksien, sluit die aanvang van tandvleissiekte en tandbederf in. Tandartse sal ook 'n ondersoek doen vir tekens van mondkanker. Gewoonlik sal hierdie ondersoek niks ongewoons vind nie, maar dit kan moontlik jou lewe red.

Dit is dus belangrik dat jy proaktief is en jou tandarts gereeld besoek. Sodoende kan hulle enige probleme vroeg opspoor, voordat dit ontwikkel in 'n groter en meer komplekse kwessie.

2. Is dit werklik noodsaaklik om die mondhigiënis te besoek?

Mondhigiëniste word dikwels oor die hoof gesien wanneer dit by mondgesondheid kom, maar hulle is uiters waardevol vir die dienste wat hulle bied en advies wat hulle gee.

Mondhigiëniste is hoofsaaklik gemoeid met "voorkomende" tandheelkunde en die behandeling van tandvleissiekte. Hulle kan jou die regte tuisversorging wys en help om jou tande en tandvleis gesond te hou, asook om jou tande skitterwit te hou.

Mondhigiëniste doen ook professionele skoonmaak van jou tande deur plaak en tandsteen te verwyder, wat albei tandbederf en tandvleissiekte veroorsaak.

3. Hoekom is my tande sensitief?

Wanneer jy sensitiewe tande het, kan sekere aktiwiteite, soos borsel of eet en drink, skerp, tydelike pyn in jou tande veroorsaak. Sensitiewe tande is tipies die gevolg van verweerde tandemalje of ontblote tandwortels. Soms word tand-ongemak deur ander faktore veroorsaak, soos 'n gaatjie, gekraakte of gebreekte tand, defektiewe vulsel of tandvleissiekte.

Dit is altyd beter om dadelik jou tandarts te spreek indien jy enige sensitiwiteit ervaar. Hulle kan enige onderliggende oorsake van tandpyn identifiseer of uitsluit en behandel.

4. Hoe hanteer julle baie angstige pasiënte?

Dikwels manifesteer 'n pasiënt se angs as tandheelkundige vermyding, wat kan lei tot uiterste mondgesondheid-komplikasies of 'n lae lewensgehalte. Dit verg moed vir pasiënte met erge angs om 'n afspraak te maak by 'n tandarts.

"Daarom behandel ons al ons pasiënte met die nodige respek en luister altyd na hul bekommernisse. Ons vind deur te luister na ons pasiënte se bekommernisse dit altyd die eerste stap is om vertroue op te bou in enige prosedures wat aanbeveel word.

"Daar is ook opsies beskikbaar aan angstige pasiënte, soos behandeling onder verdowing in ons spreekkamers."

5. Hoe kan kosmetiese tandheelkunde my help?

Kosmetiese tandheelkunde kan die voorkoms van jou tande en glimlag verbeter. Kosmetiese prosedures kan ook verskeie algemene onvolmaakthede van tande gelyktydig regstel, insluitend oneweredige tande en wanbely­nings. Wat baie mense nie weet nie, is dat kosmetiese tandheelkunde ook kan help om jou tande te versterk en toekomstige skade te voorkom. Prosedures kan gekraakte, verweerde of gebreekte tande herstel met byvoorbeeld 'n kroon, wat andersins met verloop van tyd sou vererger as dit nie aangespreek word nie.

Ander prosedures soos ortodontiese belyning van jou tande, sal jou tandvleis en die vermoë om jou tande skoon te hou in die toekoms verbeter asook verdere verweer voorkom. Hierdie prosedures verbeter nie net die voorkoms van jou tande nie, maar kan ook help om daardie onsekerheid af te skud wanneer jy die behoefte het om jou glimlag weg te steek.

6. Ek wil graag reguit tande hê, maar wil nie draadjies hê nie?

Metaaldraadjies is histories si­noniem met reguit tande. Met die aansienlike vooruitgang in tandheelkunde is dit gelukkig nie meer die enigste opsie nie. 'n Deursigtige belyningsapparaat (aligner) is 'n reeks plastiekplaatjies wat jou tande geleidelik in die regte posisie manipuleer. Die ontwerp van die deursigtige plaatjies maak dat mense dit nie sal oplet wanneer jy glimlag nie, perfek vir diegene wat op soek is na diskrete behandeling.

7. Hoekom moet ek my afwesige tande vervang met inplantate?

Die mond en tande pas soos 'n legkaart in en op mekaar. Indien tande verlore raak, sal dit beweging van tande elders in die mond veroorsaak wat kan lei tot onreëlmatige verwering van tande, gewrigsprobleme in die kaak en die verandering van die kaak se vorm. Die vervanging van verlore tande met inplantate verhinder hierdie probleem. Dit stabiliseer ook die funksie van jou kakebeen, die estetika van jou glimlag en jou vermoë om te kou.

8. Hoe kan ek my tande witter maak?

Goeie mondhigiëne en gesonde tande is die eenvoudigste manier om jou tande witter te hou. Sekere gewoontes soos baie koffie drink en rook sal die voorkoms van jou tande beïnvloed. Ons vind dat pasiënte wat gereeld 'n mondhigiënis sien gewoonlik 'n helder en witter glimlag het.

Daar is vele opsies beskikbaar om tandbleiking te doen en ons weet vandag dat die middels, indien korrek voorgeskryf, nie skade aan jou tande sal veroorsaak nie. Daar is opsies beskikbaar wat tandepasta en bleikings insluit. As jy 'n onmiddellike resultaat wil sien, kan jy 'n bleikingsessie by 'n mondhigiënis bespreek.

GEBORG

Dr. Christa Engelbrecht Dental

Dr. ChristaEngelbrecht is 'n algemene estetiese tandarts met 'n passie om glimlagte vanalle ouderdomme reg te maak. Sy het aan die Universiteit Stellenbosch gekwalifiseer,maar het haar nagraadse opleiding in Brittanje gedoen onder die ervare handevan sommige van die top- estetiese spesialiste in Europa. Sy hou daarvan omdigitale tegnologie te gebruik om haar pasiënte te help, vanaf volledigerehabilitasie met tandheelkundige inplantings, tot onsigbare draadjies ompragtige glimlagte te skep. Sy glo daar is 'n oplossing vir elke glimlag.

Vir meerinligting, besoek drchristaengelbrecht.com of soek hulle op Facebook ofInstagram by drchristaengelbrecht.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM