Tienervelle kan 'n uitdaging wees met aknee, olierigheid en ander probleme wat algemeen voorkom. Dr. Mathilda Mostert, uitvoerende hoof en stigter van Upenya Cosmetics, verduidelik waarom produkte met natuurlike bestanddele ideaal is vir 'n vel wat geneig is tot aknee, en wanneer dit tyd is om professionele hulp te soek.
Waarom is ligte daaglikse afskilfering belangrik vir tienervelle?
Sagte daaglikse afskilfering help om dooie velselle van die vel se oppervlak te verwyder, wat natuurlike vernuwing ondersteun vir 'n varser, gladder voorkoms.
Dit bevorder ook die helderheid van die vel deur die opbou te verminder wat porieë meer opvallend kan laat lyk.
Is 'n bevogtigende jel beter as 'n room?
Jel en room kan nie vergelyk word sonder om hul spesifieke bestanddele in ag te neem nie, aangesien albei effektief kan wees. Verbruikerstoetse het egter getoon dat meer as 80% van tieners die ligter gevoel van 'n jel verkies het, wat dit die ideale keuse vir hulle maak.
Hoe gereeld moet 'n bevogtigende jel aangewend word?
Die meeste produkte is gebaseer op toediening twee maal 'n dag (soggens en saans), wat beteken dat een keer per dag resultate kan vertraag. Die aktiewe bestanddele het ook 'n "vegaksie" - ontbrekende dosisse is soos om met skottelgoedwas-handskoene by 'n boksring in te gaan. Oormatige toediening sal ook nie doeltreffendheid verbeter nie.
Gehalteprodukte word geformuleer vir twee maal per dag en as dit oorskry word, kan dit veiligheidskwessies veroorsaak.
Waarom is 'n gesonde mikrobioom belangrik en hoe bestuur jy dit?
'n Gebalanseerde velmikrobioom ondersteun die vel se natuurlike verdediging en algemene gesondheid. 'n Wanbalans kan voorkom wanneer sekere bakteriese stamme in aknee-gevoelige areas vermeerder. Prebiotika help om 'n gunstige omgewing vir voordelige bakterieë te skep wat 'n mikrobioombalans ondersteun.
Hoe behandel jy vlekke en puisies?
Wanneer jy te doen het met 'n puisie, moenie dit druk nie. Alhoewel dit dalk na die vinnigste oplossing lyk, kan dit veroorsaak dat die etter binne-in die follikel bars, wat 'n ideale omgewing skep vir "slegte" bakterieë om te floreer en onder die vel te vermeerder.
Hierdie bakteriese oorgroei kan lei tot meer uitbrekings in dieselfde area.
Oorweeg eerder om 'n hidrokolloïed-pleister (outydse pleister) te gebruik, wat onsuiwerhede sagkens uittrek en help om genesing te bespoedig sonder om die vel te irriteer.
Watter natuurlike bestanddele is ideaal vir 'n vel wat geneig is tot aknee?
Maroela-olie is 'n fantastiese inheemse olie, ryk aan vitamien E, bekend vir sy liggewig bevogtigende eienskappe en is perfek vir 'n vel wat geneig is om oortollige olie te produseer.
Aloe Ferox (bitteraalwyn) het 'n lang geskiedenis in tradisionele gebruik vir sy strelende en genesende eienskappe wat dit ideaal maak om 'n vel wat geneig is tot aknee te streel.
Wat is die tekens dat 'n tiener se akneevel nie goed reageer op 'n spesifieke behandelingstrategie nie?
Aknee word gegradeer van lig tot sisties. Topikale behandelings werk goed vir die eerste twee grade, wat swartkoppies, witkoppies, klein puisies en ligte inflammasie insluit. As aknee egter tot graad drie en vier vorder - gekenmerk deur groter papelle, pynlike knoppies, siste en diep ontsteking - word dit dikwels gedryf deur bakteriese oorgroei onder die vel wat topikale behandelings op hul eie onvoldoende maak.
In hierdie stadium kan meer intensiewe behandelings soos 'n lae dosis orale antibiotika (ongeveer ses maande) of Roaccutane nodig wees.
As 'n tiener se aknee vererger ten spyte van standaardsorg, wat aanhoudende inflammasie, siste of littekens toon, moet hulle professionele advies inwin.
'n Dermatoloog kan die erns bepaal en toepaslike mediese behandeling aanbeveel.
GEBORG
Upenya

Upenya is 'n eg Suid-Afrikaanse produk en spesialiseer in wetenskaplik geformuleerde velsorgprodukte. Hul jeugreeks fokus op tienerveluitdagings en bevorder gesonde gewoontes en hidrasie. Die effektiwiteit van die produkte is vasgevang in die sinergistiese werking van uitgesoekte natuurlike bestanddele soos Maroela olie en Aloe Ferox.
Wetenskaplike navorsing, bevestig deur effektieiteitstoetse in Europa, fokus daarop om velgesondheid te verseker en natuurlike mikrobioom-balans te handhaaf wat ‘n natuurlike en effektiewe oplossing vir velsorg bied. Upenya produkte is aanlyn beskikbaar by www.upenya.co.za asook op Takealot. Besoek ook ons Instagram-blad.

















