Welstand

Vroue het groter risiko vir siektes van tandvleis

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: ISTOCK
Foto: ISTOCK

Navorsing toon dat vroue 'n groter risiko vir tandvleissiekte het.

Dit is as gevolg van hormonale veranderings tydens puberteit, swangerskap en menopouse en selfs wanneer orale voorbehoedmiddels geneem word.

"Hormone beïnvloed mondgesondheid. Die hormonale skommelings deur 'n vrou se lewe - tydens puberteit, swangerskap en menopouse - kan tandvleis meer sensitief en vatbaar maak vir inflammasie en bloeding. Terselfdertyd is onbehandelde tandvleissiekte gekoppel aan baie gesondheidsprobleme, insluitende premature geboorte en lae geboortegewig. Om jou mond te versorg is noodsaaklik vir goeie gesondheid," verduidelik Dirna Grobbelaar, Ivohealth se raadgewer oor behoorlike mondhigiëne en lid van die mondhigiënisvereniging Ohasa.

Swangerskap speel groot rol

Grobbelaar sê verder dat swanger vroue 'n groter risiko loop om tandvleissiekte te kry.

"Swangerskap-gingivitis is redelik algemeen. As jy 'n bietjie bloeding sien wanneer jy borsel of vlos moet jy dit nie ignoreer nie.

"Bloeiende tandvleis is een van die eerste en mees opvallende tekens van tandvleissiekte.

"As jou tandvleis bloei, borsel twee keer per dag behoorlik met 'n baie sagte borsel soos Gum Sonic Sensitive, verkieslik met 'n tandepasta soos Gum Paroex.

"Maak daagliks skoon tussen die tande. Vlos is die algemeenste, en daar is baie verskillende tipes.

"As jy nie van vlos hou nie, probeer Gum Soft-Picks, wat klein, maklik-om-te-gebruik stokkies is met sagte rubberhare of 'n interdentale borsel," sê Grobbelaar.

"Nadat jy geëet het en voordat jy gaan slaap, spoel jou mond met soutwater of 'n antibakteriese mondspoelmiddel.

As jou tandvleis aanhou bloei wanneer jy 'n noukeurige mondhigiëne-roetine volg, maak 'n afspraak by jou tandarts of mond­higiënis.

Talle vroue ervaar ook naarheid gedurende hul swangerskap en Grobbelaar waarsku dat as jy siek is, moet jy nie dadelik daarna tande borsel nie.

"Die suur in braaksel versag tandemalje. Spoel eenvoudig uit met water of 'n alkoholvrye mondspoelmiddel soos Gum Paroex en wag 'n uur voordat jy jou tande borsel."

Grobbelaar beveel aan dat jy jou tande professioneel laat skoonmaak voordat jy swanger raak of tydens jou swangerskap.

Menopouse kan ook 'n verhoogde risiko van osteoporose meebring wat die kakebeen kan beïnvloed, wat lei tot tandverlies en ander probleme.

Dr. Corlene Schnetler, 'n periodontis, beveel aan dat noukeurige mondhigiëne die doeltreffendste manier is om mondgesondheidsprobleme in alle stadiums van die lewe te voorkom.

"Dit is jou daaglikse roetine wat die meeste saakmaak, en as jy 'n behoorlike daaglikse mondhigiëne-roetine by die huis volg, behoort jy jou tandvleis en tande gesond te kan hou."

WEN!

Vyf gelukkige lesers kan elk 'n Gum-geskenkpak van meer as R630 wen wat 'n reeks kwaliteitsprodukte insluit. Elke geskenkpak bevat 'n Gum Pro Sensitive-tandeborsel; antibakteriese Gum Trav-ler- interdentale borsels, 'n Gum Bi-Direction- herbruikbare interdentale borsel, Gum Paroex Maintenance-tandepasta en Gum Paroex Maintenance Mouthrinse, wat albei chloorheksidien en CPC bevat, die goudstandaard in plaakbeheer.

Volg ons Facebook-blad by Die Burger Gesond om meer uit te vind oor hoe om in te skryf.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM