Die bestuurder van die voertuig wat betrokke was by Maandag se noodlottige ongeluk naby Vanderbijlpark in Gauteng waarin 14 leerlinge dood is, het vlugtig in die hof verskyn.
Ayanda Dludla (22) staan nou tereg op 14 aanklagte van moord, drie van poging tot moord en ander aanklagte wat roekelose en nalatige bestuur insluit.
Intussen het die dodetal weens die ongeluk wat Maandag op die R553-pad naby Vanderbijlpark in Gauteng plaasgevind het, tot 14 gestyg nadat twee leerlinge Donderdag in die vroeë oggendure in die hospitaal dood is.
Dludla wou glo verskeie voertuie verbysteek toe ’n vragmotor van voor af aangery kom terwyl die taxi aan die verkeerde kant van die pad was.
Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het Dinsdagmiddag gesê sy openbarebestuurspermit het in November verval.

*Volg Netwerk24 vir meer hieroor.



















