Park in Kaapstad ter ere van Tutu ontwikkel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dr. Mamphela Ramphele, voorsitter van die Aartsbiskop Tutu IP Trust, Leah Tutu, weduwee van emeritus aartsbiskop Desmond Tutu, en Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, in Lupin-park in Kaapstad wat binnekort ter ere van die Tutu’s opgeknap g

Die oop stuk veld oorkant die huis in Milnerton, Kaapstad, waar emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou, Leah, dekades lank gewoon het, gaan binnekort in 'n park ter ere van die Tutu's omskep word.

Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, in die oop stuk veld wat binnekort 'n behoorlike park gaan wees. Foto: Jaco Marais
Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, in die oop stuk veld wat binnekort 'n behoorlike park gaan wees. Foto: Jaco Marais

So het Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, Dinsdag in Lupin-park gesê. "Deur die park te ontwikkel en hernoem wil ons nie net 'n mooi en lewendige ruimte skep vir die mense van Milnerton en besoekers aan die gebied nie; ons wil dit ook doen om die waardes waarvolgens die Tutu's geleef het, te onthou en te bevorder."

Toe die 90-jarige Leah Tutu, wat steeds oorkant die park woon, na die foto's kyk van wat met die park beoog word, het sy gesê sy hoop sy leef nog teen die tyd dat die park voltooi is.

'n Kunstenaarsvoorstelling van hoe Lupin-park in Milnerton sal lyk as dit opgeknap is. Grafika: Kaapstad-metro
'n Kunstenaarsvoorstelling van hoe Lupin-park in Milnerton sal lyk as dit opgeknap is. Grafika: Kaapstad-metro

Die projek is deur die gemeenskap van Milnerton geïnisieer, en toe Hill-Lewis daarvan hoor, wou hy graag help om die droom te bewaarheid.

"Dis die perfekte plek om hulde aan Tutu te bring. Hy het blykbaar baie daar gestap en sy deel in die gemeenskap gedoen deur vullis op te tel. En nou kom hier 'n park. As ons dink aan sy verbintenis met kinders, raak ek emosioneel om te dink dat ons binnekort kinders hier sal kan sien en hoor speel," het Hill-Lewis gesê.

Van die planne sluit in 'n uitgebreide speelplek vir kinders, 'n gedenktuin, gedenkkunswerke, ruimtes vir buitelug-opvoerings en 'n hondepark.

Hill-Lewis het by navraag gesê die Aartsbiskop Tutu IP Trust het gesê Tutu sou nie 'n uitspattige park met sy naam wou hê nie. Daar sal dus nie 'n "enorme bedrag" geld aan die projek bestee word nie.

'n Voorstelling van hoe Lupin-park in Milnerton sal lyk nadat die park opgeknap is. Grafika: Kaapstad-metro
'n Voorstelling van hoe Lupin-park in Milnerton sal lyk nadat die park opgeknap is. Grafika: Kaapstad-metro

Die proses om die naam te verander het Dinsdag amptelik begin en Hill-Lewis hoop dat dit gou sal gaan en dat daar nie besware sal wees nie. Die nuwe naam is wel nog nie gefinaliseer nie.

"Hopelik kan ons in die volgende 18 maande kinders sien speel in die park waar Tutu eens gestap het."

Die metro het mense gevra om op 1 Oktober by die Milnerton-ouditorium byeen te kom om saam te gesels oor die voorgestelde park en vrae te vra.

• Stefani Terblanche is 'n Netwerk24-beursjoernalis.

SPELETJIES VANDAG

CTA