ANC-konferensie: Só lyk dag een

Malusi Gigaba, minister van finansies, het Saterdagoggend die verrigtinge by die ANC se nasionale konferensie afgeskop as gasheer by 'n ontbytgeleentheid van die ANC se Progressiewe Sakeforum by Nasrec in Johannesburg.

Die vyfdagkonferensie word later vanoggend amptelik deur pres. Jacob Zuma geopen, wanneer hy die sowat 5 000 afgevaardigdes gaan toespreek.

Die hoogtepunt van die konferensie is egter Sondag, wanneer die regerende party se nuwe leierskap aangekondig word.

Die benoemingsproses vir die topses ampte begin egter reeds vandag. Daar is omstreeks 12:00 'n geslote sessie, waarna die benoemingsproses, waaroor die onafhanklike verkiesingskommissie 'n oog gaan hou, begin.

Daarna volg nog 'n geslote sessie.

Stilte by Nasrec vroeg Saterdagoggend voordat die ANC se nasionale konferensie afskop. Dit word beskou as een van die deurslaggewendste nasionale konferensies in die party se geskiedenis. Foto: Deaan Vivier

Malusi Gigaba, minister van finansies, neem foto's saam met gaste by die sakeontbyt voor die begin van die ANC se nasionale konferensie in Nasrec in Johannesburg. Foto: Deaan Vivier

Gigaba praat met Jacob Modise, Nersa se voorsitter. Foto: Deaan Vivier

Malusi Gigaba, minister van finansies, groet gaste. Foto: Deaan Vivier

Richard Wainwright, uitvoerende beampte van Investec, spreek die afgevaardigdes toe. Foto: Deaan Vivier

SPELETJIES VANDAG

CTA