"Ons het in ons hande 'n atleet wat siek en onfiks is vir die wedloop waarin hy meeding."
Só het Thabang Makwetla, adjunkminister van justisie en korrektiewe dienste, Vrydag, 'n dag voor die ANC se nasionale konferensie, op 'n mediavergadering van uMkhonto we Sizwe (MK) gesê.

MJ Masegantla van MK beaam die ANC is te siek om na die naweek se nasionale konferensie te gaan omdat hy permanent beskadig is.
"Daar is vrees dat die konferensie in duie sal stort. Ons is bewus van die wantroue tussen ons. MK sê afgevaardigdes van die ANC moet verantwoordelikheid neem om te verseker dat die nuwe leierskap die party bymekaar sal hou."
Makwetla sê die nuwe leierskap wat hulle gaan kies, moet blatant hul oplossing om die morele beeld van die ANC te herwin, kommunikeer.
Hy meen hulle gaan na die konferensie met die wete van die massiewe taak wat hul het om die party voor te berei op die algemene verkiesing in 2019.
"Tyd is van belang. Ons, as die lede van Umkhonto weSizwe, het tydens ons struggle nog altyd die mense gesien as 'n baie belangrike element in ons onoorwinlikheid in die stryd," sê Makwetla.
Nietemin, as gedissiplineerde lede van die party het ons besluit dat ons die meerderheidsbeskouing dat die ANC-konferensie moet voortgaan, sal respekteer.
— MJ Masegantla
MK sê hy sal alles doen om te verseker dat hy die simboliese historiese verhouding wat die ANC met sy mense moet hê, versterk deur die konferensie.
Volgens hom het hulle oor die afgelope jaar hard gewerk om ware betekenis te gee aan die nalatenskap van MK in die uitdagings wat hulle, hul mense en die land in die gesig staar.
Hy sê in die lig van die gebeure van die afgelope maande in die regering en voor die konferensie, glo hulle dat dit beter vir die ANC sou gewees het om 'n spesiale konferensie te hou om uitdagings te hanteer.
"Nietemin, as gedissiplineerde lede van die party het ons besluit dat ons die meerderheidsbeskouing dat die ANC-konferensie moet voortgaan, sal respekteer.
"Hulle sal dit aanvaar ten spyte van die groot tekortkominge en die afwykings "wat kan lei tot die mislukking van die konferensie".
MK sê hy sal sy ondersteuning gee aan wie ook al tydens die konferensie gekies word.















