KYK: Steun vir Dlamini-Zuma

Die ANC-jeugliga is vol vertroue dat Nkosazana Dlamini-Zuma as die party se nuwe president aangewys gaan word.

Van waar Collen Maine, jeugligaleier, op die kantlyn van die 54ste nasionale konferensie by die Nasrec-sentrum met Netwerk24 gesels, lyk hy min gepla deur die ongunstige hofuitsprake oor die stemmery in sekere van die provinsies wat Dlamini-Zuma steun.

"Ek is oortuig daarvan dat Nkosazana se naam Sondag aangekondig gaan word," sê hy.

Met verwysing na die jeugliga se moontlike invloed op die uitkoms van die konferensie, meen Maine die enigste "koningmakers" die takke van die ANC is.

Dit volg nadat die ANC in Mpumalanga 'n "verenigde" presidensiële kandidaat voorgestel het tydens sy provinsiale algemene komiteevergadering waar Dlamini-Zuma haar teenstander, adj.pres. Cyril Ramaphosa net-net gewen het.

Collen Maine, ANC-jeugliga-president by die Nasrec Ekspo-sentrum.  Foto: Felix Dlangamandla
Collen Maine, ANC-jeugliga-president by die Nasrec Ekspo-sentrum. Foto: Felix Dlangamandla
Selloane Khalane

SPELETJIES VANDAG

CTA