Kyk: Swierige ANC-gala

Sowat 780 deftig geklede gaste het Vrydagaand die galadinee van die ANC se Progressive Business Forum by Nasrec in Johannesburg bygewoon.

Pres. Jacob Zuma was die gasspreker op dié dinee wat gehou is op die vooraand van die ANC se belangrike 54ste nasionale konferensie en leierskapsverkiesing wat Saterdagoggend begin.

Verskeie lede van die kabinet, insluitende adj.pres. Cyril Ramaphosa en dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, die twee groot gunstelinge om die presidentskap van die ANC by Zuma oor te neem, was ook teenwoordig. Verskeie lede van die sakegemeenskap en die diplomatieke korps in Suid-Afrika sou die geleentheid ook bywoon. Die tafeldoeke op die tafels was geel en die oortreksels oor die stoele swart. Groen blommerangskikkings was op die tafels. Die eetgerei was wit. Die ANC se kleure is swart, groen, geel en wit.

* Individue betaal derduisende rande vir 'n sitplek aan tafels tydens gala-aandetes waar ANC-topleiers teenwoordig is. So byvoorbeeld het die mynmagnaat Patrice Motsepe tydens die ANC se nasionale konferensie in Mangaung in 2012 sowat R500 000 vir 'n tafel betaal tydens aandete wat pres. Jacob Zuma bygewoon het. Zuma self het langs Motsepe aan tafel gesit.

Pres. Jacob Zuma is die hoofspreker Vrydagaand by die ANC se galadinee by Nasrec in Johannesburg. Foto: Felix Dlangamandla

Dipuo Peters, voormalige minister van vervoer. Sy het as LP bedank ná pres. Jacob Zuma se vorige kabinetskommeling. Foto: Felix Dlangamandla

Nkosazana Dlamini-Zuma (links), aanspraakmaker op die pos as president van die ANC en Maiti Nkoana-Mashabane, minister van internasionale skakeling en samewerking regs van haar. Foto: Felix Dlangamandla

Adj.pres. Cyril Ramaphosa en sy vrou, Tshepo Motsepe, met Nkosazana Dlamini-Zuma agter regs wat Precious Moloi se hand vashou. Foto: Felix Dlangamandla

Pres. Jacob Zuma met Sdumo Dlamini links en sy vrou Thobe Madiba-Zuma. Foto Felix Dlangamandla

Adj.pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Felix Dlangamandla

Foto: Felix Dlangamandla
Foto: Felix Dlangamandla
Vivian Reddy, bekende sakeman van KwaZulu-Natal en bondgenoot van pres. Jacob Zuma.

Kongresgangers neem selfies saam met adj.pres. Cyril Ramaphosa, wat gul ontvang word voor die galageleentheid Vrydagaand. Foto: Le Roux Schoeman

Sowat 780 mense woon vanaand se dinee by, volgens 'n woordvoerder vir die Progressiewe Sakeforum (PBF)

Adj.pres. Ramaphosa aan een van twee eregastafels in die ruim venue. Foto: Le Roux Schoeman

SPELETJIES VANDAG

CTA